Bergskilpad

Die bergskilpad (Stigmochelys pardalis, voorheen Geochelone pardalis) is 'n groot en aantreklik-gemerkte skilpad, wat voorkom in die savannes van Oos- en Suider-Afrika, van Soedan tot in die Kaap.

Bergskilpad
Bergskilpad
'n Bergskilpad, ca. 3 jaar oud
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Testudinoidea
Familie:
Genus:
Stigmochelys

Gray, 1873
Spesie:
S. pardalis
Binomiale naam
Stigmochelys pardalis
(Bell, 1828)

Bergskilpaaie wei in semi-droë, doringagtige en grasveldareas, hoewel hulle by uitsondering in natter gebiede opgemerk word. In sowel bloedig warm as yskoue weer kan hulle hul toevlug tot verlate jakkals- en erdvarkgate neem. Die enigste rede vir 'n bergskilpad om self te grawe is om 'n nes te maak om eiers in te lê.

Hulle het tot ses neste, elk met ses tot 15 eiers. Die eiers word in die somer gelê en broei 10 tot 15 maande later uit. Die kleintjies kan met Bell se skarnierskilpad verwar word.

Die dieet bestaan hoofsaaklik uit verskillende soorte gras, bene en hiënamis. Hulle vreet ook vetplante en distels, en in gevangeskap kaktusse.

Bergskilpaaie is gemiddeld 30 tot 45 cm (maksimum 70 cm) lank. Hulle word gewoonlik tussen 80 en 100 jaar oud. Dit is die grootste en die mees wydverspreide landskilpad in die Suider-Afrikaanse streek.

Fotogalery

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Bergskilpad FotogaleryBergskilpad VerwysingsBergskilpad BronneBergskilpad Eksterne skakelsBergskilpad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Preseminale vloeistofMisdaadromanSomerSkoolJavaScriptAssonansieKoppeltekenSoogdierOligopolieVratStikstofPampoentjiesVreesStam (taalkunde)D.J. OppermanWaterHerpes simplexOntwerpVeelvoudige sinVlinderPriemgetalAntoniemSwartrenosterGoogleNatriumsulfietFinale OplossingWater (molekuul)Vlekvrye staalKarretjiemensePaddaProteïenSmeltpuntOrtopedieGianna MichaelsPersoon (taalkunde)Vaste stofSint JorisdagJaarSeksualiteitSarel Jacob PretoriusPlae van EgipteNiemetaalBernice WestNederduitse Gereformeerde KerkAbstraksie (rekenaarwetenskap)MiddelmisbruikGrondBraaiBedryfstelsel (inligtingstegnologie)GautengVaalrivierJohannesburgSuurreënOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGawes van die Heilige GeesC. Louis LeipoldtNederlandsMielieHoofkarakterAgtervoegselSonnestelselKlopjagGriepMuskeljaatkatSeisoenLys van Afrikaanse televisiereekseAborsie in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse ReserwebankKlankChristiaan Frederik BeyersLys van kinderspeletjiesCarles PuigdemontAfrikaanse WikipediaGalblaas🡆 More