Stephen King: Amerikaanse skrywer

Stephen Edwin King (gebore 21 September 1947) is 'n Amerikaanse skrywer mees bekend vir sy uiters gewilde romans.

Stephen King
Stephen King: Biografie, Skryfstyl, Familie
Stephen King in Februarie 2007
Gebore
Stephen Edwin King

21 September 1947 (1947-09-21) (76 jaar oud)
Portland, Maine
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRomanskrywer, kortverhaalskrywer, draaiboekskrywer, rubriekskrywer, akteur, televisie produsent, regisseur
Bekend virCarrie, The Shining, The Stand, Misery, It, The Dark Tower, Under the Dome, Rita Hayworth and Shawshank Redemption
EggenootTabitha King (1971-hede)
KindersNaomi King
Joe King
Owen King
Webwerfwww.stephenking.com
Handtekening
Stephen King: Biografie, Skryfstyl, Familie

Die protagonis in King se verhale is dikwels 'n doodgewone mens uit die middelklas, 'n kind of 'n skrywer. Met die verloop van die verhaal beweeg die persoon van sy of haar alledaagse lewe al dieper in bonatuurlike en buitengewone omstandighede in.

Biografie

Stephen King: Biografie, Skryfstyl, Familie 
Richard Bachman se skrywersfoto. Die fotograaf is Claudia y Inez Bachman, ook 'n fiktiewe persoon

Stephen King is in 1947 in Portland, Maine gebore, vanuit 'n Skots-Ierse agtergrond. Sy pa loop weg toe King twee jaar oud is, en sy ma, Ruth Pillsbury King, maak hom en sy aangenome ouer broer David alleen groot. Hulle kry finansieel swaar. King word groot in Durham, Maine, Ruth se tuisdorp, maar hulle is ook vir kort periodes in Fort Wayne, Indiana en Stratford, Connecticut.

King skryf stories vandat hy klein is. Op dertien ontdek hy 'n klomp van sy pa se ou boeke in sy tante se huis, veral van die gruwelfiksie- en wetenskapsfiksiegenre. Hy is onmiddellik versot daarop.

Hy behaal 'n B.A.-graad in Engels aan die Universiteit van Maine in 1971, en trou ook dieselfde jaar met Tabitha Spruce. Hy gee Engels by die Hampden-Akademie, 'n hoërskool in Hampden, Maine. Hulle woon in 'n woonwa gedurende dié jare en King raak afhanklik aan alkohol. Hy oorwin dié en ander afhankliksheidsprobleme in die vroeë 1980's. Hy begin heelwat romans, maar hulle word óf nie voltooi nie, óf nie aanvaar vir publikasie nie. Een daarvan gooi hy in die snippermandjie. Tabitha haal dit weer uit en moedig hom aan om dit te voltooi. Dié roman, Carrie, word uiteindelik sy eerste gepubliseerde roman. Teen 2006 het hy 60 romans geskryf. Ses daarvan is onder die skuilnaam Richard Bachman, om te toets of sy vroeë ongepubliseerde romans sonder sy naam gekoppel daaraan kan verkoop.

In 1999 word hy ernstig beseer as voetganger toe 'n motorvoertuig hom tref. Sy beserings verminder sy stamina en hy kondig in 2002 aan dat hy gaan ophou skryf. Hy het egter weer van besluit verander en sy nuutste roman word in Oktober 2006 verwag.

Hy beskou sy meesterwerk as die The Dark Tower, 'n reeks van sewe boeke. Omtrent al sy ander werk is intertekstueel verwant aan hierdie reeks.

Skryfstyl

King glo dat goeie stories nie bewustelik opgeroep en vooraf uitgekaart kan word nie. Dit is beter, dink hy, om op 'n "saadjie" te fokus en die storie vanself vandaar af te laat vloei. Hy begin verhale gereeld sonder om te weet hoe dit gaan eindig. Hy is bekend vir sy goeie oog vir detail, vir goeie kontinuïteit en vir die voorgemelde digte intertekstuele styl van al sy werk. Hy verwys baie na Amerikaanse geskiedenis en kultuur. Teenoor sy donker gruwelinhoud staan sy informele volksvertellerstyl in sterk kontras.

Hy het twee eenvoudige gedagtes oor die verkryging van goeie skryfvermoë en oor die bepaling of 'n skrywer talent het:

  • Lees vier uur lank elke dag en skryf vier uur lank elke dag. As 'n mens nie die tyd daarvoor kry nie, kan 'n mens nie verwag om 'n goeie skrywer te kan word nie.
  • As jy iets geskryf het en iemand het vir jou 'n tjek daarvoor gestuur, as jy die tjek gaan wissel het en dit het nie gehop nie, en as jy jou kragrekening dan met die geld betaal het, beskou ek jou as talentvol.

Familie

Stephen King woon in Bangor, Maine met sy vrou. Sy is ook 'n romanskrywer. Hulle drie volwasse kinders is Naomi Rachel, Joe Hill en Owen Phillip.

Ander skrywers

Invloed op King

  • H.P. Lovecraft, vir dié skrywer se eienaardige, antieke gode; subtiele verbintenis tussen al sy werk; en die integrasie van koerantuitknipsels, verhoortranskripsies en dokumente as verhaaltegnieke. King kritiseer hom egter vir sy openlike rassisme en antisosiale beskouings.
  • Edgar Allan Poe, vir baie parallelle frases en verhaalontwikkelings; asook vir die tema van die dubbelganger.
  • Shirley Jackson.
  • John D. MacDonald.

Beïnvloed deur King

  • Dean Koontz
  • Bentley Little

Samewerkings

  • Peter Straub, met twee romans, The Talisman, en dié se opvolg Black House.
  • Stewart O'Nan, met 'n non-fiksiewerk, Faithful, oor bofbal.

Bibliografie

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Stephen King BiografieStephen King SkryfstylStephen King FamilieStephen King Ander skrywersStephen King BibliografieStephen King Eksterne skakelsStephen King1947Roman (letterkunde)SkrywerVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BakterieBelgiese gewesteSeksuele opwekkingMondLys van politieke partye in Suid-AfrikaSamsung GroepVoorsetselCleopatra VIIWeeluisSkaapSpookvoëlPornografiese akteurApostoliese GeloofsendingDissipel vir wie Jesus baie lief wasGemengde ekonomiePalmsondagMaselsLika BerningMaroela MediaChristendomFilosofieFridtjof NansenAfrikaanse Hoër SeunskoolArmand AucampGenesisSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSeksuele penetrasieSelfieWillie EsterhuizenWaverWaarheid-en-versoeningskommissieLugbesoedelingMarsHartversakingHerfsMosambiekVerenigde State van AmerikaOntbinding van die SowjetunieTolla van der MerweMiddeloorontstekingMolotofbomEmfiseemProvinsies van Suid-AfrikaNaeltjiesAmalia UysEnsiklopedieNederlandsMusiek2024 Australiese Grand PrixRykie van ReenenSonsteekGriepModernismeWladimir PoetinAasblomMeksikoSuid-Afrikaanse randMielieTweede WêreldoorlogLHekseryRynhessePornhubHoofstadAppelblaarAarde se atmosfeerBysteek🡆 More