Die Draakvisse (Callionymidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes.
Die taksonomie van die familie is nog onseker en die aantal genera wat deel vorm van die familie is onbekend. Daar is ongeveer 140 spesies in die familie. Elf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Callionymidae | |
---|---|
Synchiropus ocellatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | Callionymoidei |
Familie: | Callionymidae |
Genera | |
sien teks |
Die familie se lywe is langwerpig en die vissies is klein. Hulle is bodembewoners. Die spesies van die familie het twee dosale vinne. Die voorste dorsale het net vier strale maar hulle is lank. Die bekkenvinne is lank en groot en hul basis is naby die basis van die pektorale vin. Die grootte van familielede wissel van 2.6 tot 28 cm. Hulle leef in koraalriwwe, sanderige en modderige bodems tot op 400 m en vreet onder andere skaaldiere, slakke en wurms. Geslagsdimorfie kom voor in die familie. Die wyfies is oor die algemeen kleiner as die mannetjies.
Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Callionymidae, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.