Borrie

Borrie is die gemaalde wortel van Curcuma longa, wat aan die gemmerplant verwant is.

Dit word in Nederland geelwortel of koenjit genoem, waar dit gebruik word vir Indonesiese geregte. Dit is 'n vaste bestanddeel van kerrie, waaraan dit die geel kleur verleen. Die spesery se smaak is effens bitter.

Borrie
Borrie
Curcuma longa
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Subklas:
Zingiberidae
Orde:
Zingiberales
Familie:
Zingiberaceae
Genus:
Curcuma
Spesie:
C. longa
Binomiale naam
Curcuma longa

Herkoms van die woord

Die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (2003) sê dat die woord ontleen is aan die Maleise woord boreh, wat 'n borrie-gebaseerde geel smeersel vir die liggaam is. Die eerste optekening in vroeë tale was in 1685, o.a. in die vorme borry borry, boraij en borborry.

Herkoms van die spesery

Die meerderheid van die borrie-oes kom uit Indië.

Toepassings

Borrie het 'n kenmerkende geur en moet daarom slegs gebruik word indien dit wel in 'n bepaalde gereg hoort. Borrie is onmisbaar vir die smaak en kleur van kerriegeregte en dit kleur ook rys geel, soos gebruiklik is by bobotie.

Dit kan ook gebruik word as 'n kleurstof vir ink.

Papier wat in 'n oplossing met borrie deurweek en vervolgens gedroog is, word soms as 'n reagens gebruik om die aanwesigheid van 'n basis (alkali) aan te toon. Dit kry 'n bruinrooi kleur by die aanwesigheid van alkaliese stowwe. Die keerpunt word bereik by 'n pH van omtrent 8-9.

Gebruik in wondbehandeling en patentkwessie

Borrie 
Borriepoeier

Borriepoeier word in Indië tradisioneel aangewend vir die behandeling van wondjies en skrape. In 1995 is daar 'n patent toegestaan aan die Universiteit van Mississippi vir 'n wondbehandelingsmiddel gebaseer op borrie. Hierdie patent is egter die volgende jaar teengestaan deur die Indiese Council of Scientific & Industrial Research en ingetrek. Die rede hiervoor was nie die eeue-oue gebruik nie, maar die feit dat dié middel reeds vroeër beskryf was in 'n wetenskaplike tydskrif (Michael Hardt en Antonio Negri, Multitude, Hamish Hamilton; London, 2005).

Borrie teen Alzheimer se siekte

Borrie word in Asië ook aangewend as geneesmiddel vir allerlei siektes, soos trombose en breinsiektes waaronder Alzheimer se siekte en Parkinson se siekte. Navorsing aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad het die heilsame werking van die wortel bevestig en verklaar. Sheril Daniel het navorsing gedoen op kukurmien, een van die drie ontstekingswerende stowwe wat volop in borrie voorkom. Hy het bevind dat kukurmien die harsings van rotte beskerm teen beskadiging deur sianied, lood en kadmium. Die stof bind aan hierdie giftige verbindings voordat hulle skade kan berokken aan die brein. Daniel dink dat die veelvuldige gebruik van borrie in Indiese geregte die oorsaak daarvan is dat Alzheimer se siekte nouliks in Indië voorkom.

Eksterne skakels

Tags:

Borrie Herkoms van die woordBorrie Herkoms van die speseryBorrie ToepassingsBorrie Gebruik in wondbehandeling en patentkwessieBorrie teen Alzheimer se siekteBorrie Eksterne skakelsBorrie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RymTussenwerpselOlimpiese SomerspeleGroot GatVaginaSteenkool in Suid-AfrikaLuiperdLeonardo da VinciMenseregteBruto binnelandse produkAgtervoegselAnglisismeDeelteken en umlautBosluisbytkoorsKlein gekolde katTsongaSonkragLeah van NiekerkJohnny RapidVerkoueAfrikaansWatersuiweringSpysverteringstelselTrappe van vergelykingSkaakRooibloedselLys van veltoestandeTelwoordSwartbewussynsbewegingLys van Joodse feeste en herdenkingsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSuikersiekteMarsHeidelberg, GautengWeer (meteorologie)Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDigvormDramaGreen PornoSkildklierVerenigde KoninkrykGloeilampDubbelpuntKompasGenitale vratFotosinteseLetsiteleNarsistiese persoonlikheidsteuringYslandElana AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseGeldSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeSwitserlandBosvarkOogproblemeSteve BikoFinale OplossingVingerseksKolonisasieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGoogle MapsSjimpanseeDeon GrootWaarheid-en-versoeningskommissieAfkortingSeisoenOsoonlaagGrondsoorteMonumentPubliekAngolaLeierDepressie (gemoedstoestand)SweedsOopbroninhoudTweede Wêreldoorlog🡆 More