Algemeen
Naam | Sianied |
Termochemiese radius | 1,87 Å |
78,0 [Scm2/mol] | |
Lys van anione |
Die Sianied is 'n sout van blousuur (waterstofsianied) met 'n formule CN−.
Die oksidasietoestand van die koolstofatoom is +4. Die bekendste sianiede is kalium- en natriumsianied (KCN en NaCN) wat in waterige oplossings goedoplosbare soute is en 'n basiese oplossing gee omrede blousuur 'n swak suur is en die sianiedioon in water gedeeltelik sal hidroliseer volgens die reaksie:
Sianiede en hul oplossings is uiters giftig en in suuroplossings word blousuur vrygestel. Dit is 'n kleurlose en taamlik vlugtige vloeistof wat kenmerkend soos bitter amandels ruik en 'n snelwerkende dodelike gif is. Die dood volg binne sekondes na inaseming van blousuurdampe. Dit was ook 'n gewilde middel in die verlede om mense te vergif en is gebruik vir teregstellings.
Die sianiedioon is 'n goeie kompleksvormer. Met yster kan byvoorbeeld sianoferrate gevorm word:
Hierdie stowwe is baie minder giftig as die sianiede self.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sianied, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.