Bobotie: Suid-Afrikaanse gereg

Bobotie is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat bestaan uit maalvleis en speserye met 'n eier-, melk- en borriebolaag.

Daar was lank geglo dat die resep afkomstig is van die VOC kolonies in Batavia en moontlik afgelei van die Indonesiese gereg Botok, maar dit is meer waarskynlik dat dit reeds saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Die Hollanders het reeds teen die tyd geweet hoe om kerrievleis te berei. Dit was so algemeen dat spesiale potte reeds teen 1752 daarvoor vervaardig is, soos wat blyk uit 'n boedelinventaris van die tydperk waarin 'n bobotijkeetel (bobotiepot) genoem is.

Bobotie: Suid-Afrikaanse gereg
Bobotie met geelrys en blatjang.
Bobotie: Suid-Afrikaanse gereg
Bobotie in 'n bak

Die dis is in 1951 opgeneem as 'n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse gereg in 'n internasionale resepteboek wat deur die Verenigde Nasies gepubliseer is.

Die gereg was al teen die 17de eeu bekend in die Kaap van Goeie Hoop, toe dit gemaak is van 'n mengsel van skaap- en varkvleis. Deesdae word skaap- en beesvleis verkies. Die oorspronklike resepte het gemmer en suurlemoenskil bevat. Die ontdekking van kerrie het die resep vergemaklik, maar die basiese idee het dieselfde gebly. Oorspronklik was daar ook gebruik gemaak van rosyntjies of sultanas en deesdae word grondboontjies, blatjang en ook piesang gereeld gebruik.

Bobotie is deur Suid-Afrikaanse setlaars na ander kolonies in Afrika versprei. Vandag kan resepte afkomstig van blanke setlaars gevind word in gemeenskappe in Kenia, Botswana, Zimbabwe en Zambië. Daar is 'n variasie vandag wat baie gewild is onder die sowat 7 000 Boeresetlaars wat hulle aan die begin van die 20ste eeu in die Chubut-riviervallei in Argentinië gevestig het. Hulle pak 'n bobotiemengsel binne in 'n groot pampoen wat hulle dan in die oond bak tot dit sag is.

Verwysings

Tags:

BataviaBorrieEier (voedsel)Jan van RiebeeckKerrieMaalvleisMelkSpeserySuid-AfrikaVOC

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamKanadaGesonde dieetGrondsoorteLewerSelfieOu Apostoliese KerkLetterlike en figuurlike taalgebruikKunsmatige intelligensieGroot TrekStedelike hitte-eilandKaliumAlliterasieDirekte en Indirekte redeHandbalPornografieStadBek-en-klouseerEkotoerismeWiskundeSuikersiekteTelevisieOutismeHerfsVlinderWitbloedselPseudowetenskap1200DiarreeDiepaartromboseWerkloosheidGevolge van aardverwarming op oseaneLetterkundeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSkilpadErfenisdag (Suid-Afrika)Klem-in-die-kaakNasiebouLidwoordGalblaasTolla van der MerweNatuurlike hulpbronBruin menseWortelPenisWeervoorspellingAborsieKlimaatveranderingSikloonSlag van Cuito CuanavaleOnderwerp (taalkunde)NaaldekokerDeelteken en umlautBoelieryUitwerking van klimaatsveranderingKangogrotteLuiperdAnneli van RooyenRumatiekVersamelnaamGalileo GalileiPad na jou hartSowjetunieEreksieLemoenKinkhoesSteenkool in Suid-AfrikaGloeilampKankerSuid-Afrikaanse randHeidelberg, GautengSiya KolisiBorskankerHeuningEkostelselLys van Afrikaanse rolprente🡆 More