Beta Delphini

Beta Delphini (β Delphini, afgekort as Beta Del of β Del), tradisioneel bekend as Rotanev, is ’n dubbelster sowat 100 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Dolfyn (Delphinus).

Dit is die helderste ster in die Dolfyn.

Beta Delphini
Beta Delphini
Die ligging van Beta Delphini (in die rooi sirkel).
Die ligging van Beta Delphini (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Dolfyn
Spektraaltipe F5 III + F5 IV
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20h 37m 32.94130s
Deklinasie +14° 35′ 42.3195″
Skynmagnitude (m) 3,617±0,016 (4,11 + 5,01)
Wentelperiode  26,66 jaar
Absolute magnitude (M) 2,79±0,14
Besonderhede
Komponent 1 β Del A
Massa (M) 1,75±0,002
Ligsterkte (L) 24
Temperatuur (K) 6 587
Rotasiespoed (km/s) 49,8
Metaalinhoud [Fe/H] -0,05
Komponent 2 β Del B
Massa (M) 1,47±0,04
Ligsterkte (L) 8
Eienskappe
Ouderdom (jaar) 1,79+0,17−0,72
Ander name
Rotanen, Venator, 6 Delphini, BD+14 4369, HD 196524, HIP 101769, HR 7882, SAO 106316, WDS 20375+1436AB.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Die Amerikaanse sterrekundige S.W. Burnham het in 1873 ontdek Beta Delphini is ’n dubbelster. Die stelsel bestaan uit twee F-tipe sterre wat elke 26,66 jaar om mekaar wentel met ’n wenteleksentrisiteit van 0,36. Hulle het ’n hoekskeiding van net sowat 0,44 boogsekondes, en dit is dus moeilik om hulle met ’n teleskoop van mekaar te onderskei. Die grootste komponent is ’n reusester met ’n massa van 1,75 keer dié van die Son en ’n ligsterkte van 24 keer die Son s’n. Die sekondêre komponent is ’n subreus met ’n massa van 1,47 sonmassas en ’n ligsterkte van agt keer dié van die Son. Die stelsel is sowat 1,8 miljard jaar oud.

Name

Niccolò Cacciatore was ’n Italiaanse sterrekundige. Toe die Polermo-sterkatalogus in 1814 gepubliseer is, het die twee sterre Alpha en Beta Delphini daarin verskyn met die ongewone name "Sualocin" en "Rotanev". Eindelik het eerwaarde Thomas William Webb, ’n Britse sterrekundige, die raaisel opgelos oor waar dié name vandaan kom.

Cacciatore se naam, wat in Afrikaans vertaal sou kon word as "Nikolaas Jagter", was in Latyn "Nicolaus Venator". As ’n mens die letters van dié naam en van van agter na voor lees, kom jy by die name van die twee sterre uit. Cacciatore se grappie om die sterre na homself te noem, is vandag nog geldig. Hoe Webb by sy gevolgtrekking uitgekom het 45 jaar ná die publikasie van die katalogus, is steeds ’n geheim.

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Rotanev" vir die ster Beta Delphini A goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.

Verwysings

Eksterne skakels

20h 37m 32.94130s, +14° 35′ 42.3195″

Tags:

Beta Delphini EienskappeBeta Delphini NameBeta Delphini VerwysingsBeta Delphini Eksterne skakelsBeta DelphiniDolfyn (sterrebeeld)DubbelsterLigjareSonSterSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Catherine DeneuveRumatiekNG gemeente KerkenbergKinkhoesDoopHomoniemVaginale kankerAfrikaanse TaalmonumentSelfoonSelfbeeldKambodjaVivian BonnellParysSydoringNairobiWurmOnderwysOrgasmeMedia (kommunikasie)Die Real Housewives van die WynlandeHoofpynPlaneetNederduitse Gereformeerde KerkWiskundige terminologieSoortnaamHangbrugMarvin Amparo SantanaDanie Botha (musikant)Antjie SomersMaleiersAnette EngelbrechtSlotmasjienWerkloosheidKappie (skryfteken)Jada FireRupert MuseumBynierRichard KlineDuitslandSkerpioenVachellia tenuispinaBywoordBrandwaterkomSuid-Afrikaanse InkomstediensCirruswolkMaagdelikheidHenry CavendishAbercrombie & FitchOnse VaderMiddelmisbruikAsteroïdeYouTubeNarsistiese persoonlikheidsteuringVerduisteringGawes van die Heilige GeesLys van Suider-Afrikaanse soogdiereStikstofIrma SternFrankfurt SkoolWiskundeMaagBreinSanskritFrankrykGeorge-museumVeelrassige pornografiePostmasburgAsiëCMilitêre diensplig in Suid-AfrikaJuan Antonio VillacañasEiffeltoringVisEdelsteenSondagHindoeïsme🡆 More