Bergenaars

Die Bergenaars, ook bekend as Hartenaars, was 'n bende Griekwas wat tussen 1820 en 1829 die bevolking van die hedendaagse Suid-Afrika geteister het.

Bergenaars

Totale bevolking: Onbekend
Belangrike bevolkings  in: Griekwaland-Wes, Suid-Afrika
Taal: Nederlands, Afrikaans
Geloofsoortuiging: N.v.t.
Verwante etniese groepe: Griekwas

Opkoms

Die Bergenaars was 'n splintergroep van die Griekwas van Griekwastad wat in ongeveer 1820 afgestig het. Die waarskynlikste rede hiervoor is dat hulle in opstand teen die outoritêre nuwe kaptein, Andries Waterboer, en sy afhanklikheid aan die Londense Sendinggenootskap gekom het. Hulle vestig hulself saam met 'n aantal Boesmans (San) by die Hartrivier om later die berge by Basoetoland (Lesotho) in te trek.

Terreur

Die Bergenaars het geplunder en karavaantrekke, dorpies en reisende handelaars oorval. Hulle het ook Sesotho- en Tswanasprekende gemeenskappe binnegeval om vee en slawe aan blanke grensboere te verkoop. Hiervoor het hulle van perde en gewere gebruik gemaak.

In 1824 word die situasie in Griekwaland-Wes vyandiger en begin Andries Waterboer 'n verrassingsaanval teen die Bergenaars se kamp by Fauresmith, waartydens hy al 5 000 van die Bergenaars se koeie verower. Hierop val die Bergenaars Griekwastad aan, sonder sukses. Die Kaapkolonie skenk jaarliks ammunisie aan Waterboer om die Bergenaars in toom te hou. In 1827 stel Waterboer ses Bergenaar-leiers tereg, waarna die Bergenaars met meer as 'n duisend man Griekwastad beleër. Vanweë interne konflikte tussen die Bergenaars misluk die offensief egter.

Teen die einde van die dekade was die Bergenaars nie meer 'n bepalende faktor in Griekwaland-Wes gewees nie.

Literatuur

Sien ook

Tags:

Bergenaars OpkomsBergenaars TerreurBergenaars LiteratuurBergenaars Sien ookBergenaars18201829GriekwasSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Toekoms van die AardeKroonstadNarsistiese persoonlikheidsteuringWhatsAppXHTMLLeeudoringstadChatGPTHomofoonKlimaatLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePornografiese akteurKhoisanMenslike seksuele gedragChemiese reaksieVloeistofCarike KeuzenkampKlimaatveranderingLabia (geslagsdele)Beëdigde verklaringNaeltjieSterrekundeUniversiteit StellenboschWatersuiweringGeestesteuringMieliestronkOnderwysAnrich HerbstSamestellende afleidingLys van politieke partye in Suid-AfrikaNaboomNag van die lang messeAtleetvoetKindersiektesMeervoudNeurenberg-verhoreGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBaardskeerder-spinnekopWikiquoteRichard Francis BurtonKaartBokmakierieBruto binnelandse produkLys van elemente volgens simboolSinoniemLimpopoKriekMynie GrovéOrthopteraGenreApartheidNatuurlike hulpbronIslamitiese seksualiteitswetteKasteel die Goeie HoopGeprosesseerde kos2024Afrikaanse WikipediaHoek (meetkunde)Hernubare energieVryheid van spraakBesoedelingSirkelHelpmekaar-kollegeLys van kinderspeletjiesNylsvley-natuurreservaatBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021Wêreld- Ekonomiese ForumMikro-ekonomieWaterpokkiesKunsAfkappingstekenKlavierPlae van Egipte🡆 More