Beekforel

Die Beekforel (Salvelinus fontinalis) is 'n varswater vis wat inheems is aan noord-oos Noord-Amerika.

Die visse is ingevoer en vrygelaat in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. In Engels staan die vis bekend as Brook charr.

Beekforel
Beekforel
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Protacanthopterygii
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. fontinalis
Binomiale naam
Salvelinus fontinalis
(Mitchill, 1814) 

Voorkoms

Die skubbe is klein wat die vel 'n leeragtige voorkoms gee. Die sylyn is duidelik en reguit. Die lyf is stroombelyn, die vinne kort en die stertvin is holrond tot plat. Die vis is gewoonlik donker, olyf bruin tot rooi bruin. Daar is rooi kolletjies op die sye van die lyf en die dorsale vin het donker brui-swart kolletjies op. Die vis word tot 400  lank en die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 1.035 kg.

Habitat

Die vis verkies koel (maksimum 20 °C), helder water met baie suurstof om in te leef. Die dieet is baie soos die van die Reënboogforel en Bruinforel. Hulle broei in water wat 4 - 10 °C is oor gruis beddings in vloeiende water. Die wyfie maak 'n nes en paar met slegs een mannetjie. Die eiers broei uit na 4 - 6 weke.

Trivia

Diè forel is met die Bruinforel gekruis en die produk van die kruising staan bekend as die Tierforel. Die Beekforel word egter vir 'n geruime tyd nie meer in Suid-Afrika opgemerk nie en mag uitgesterf het.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Beekforel VoorkomsBeekforel HabitatBeekforel TriviaBeekforel Sien ookBeekforel BronBeekforel VerwysingsBeekforel Eksterne skakelBeekforel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse skrywersWeer (meteorologie)KernoorlogHartversakingLeeuBotswanaMierLys van Joodse feeste en herdenkingsGrondbesoedelingMetafoorDuitslandBedryfstelsel (inligtingstegnologie)NasiebouOopbroninhoudMensKunselementeLys van myne in Suid-AfrikaBloedsomloopstelselTuisbladLionel MessiMagnetismeKunsmatige algemene intelligensieEkonomieGeslagsgelykheidBloukraanvoëlBuffelSinoniemMoskouSoogdierXhosaInligtingKlimaatPuntZack du PlessisAgtervoegselE-posKamoefleringGoogle TranslateVolstruisOntbossingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKlitorisNarsistiese persoonlikheidsteuringMaanFinale OplossingSuikersiekteAngolaVulvaSleutel (musiek)BateElandréLimfvatstelselLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWhatsAppSwawelDansMartin Luther King jr.Thys die BosveldklongAngssteuringWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVryheidsmanifesDurbanLimpopo (rivier)HulpwerkwoordSonnestelselWaterstofHolocaustPinksterEugenetikaIndustriële RevolusiePaarl GimnasiumIronieAardedagKolorektale kanker🡆 More