Beauden Barrett: Nieu-Seelandse rugby speler

Beauden John Barrett (gebore 27 Mei 1991) is 'n Nieu-Seelandse rugbyspeler.

Hy speel op die losskakelposisie vir sy tuisspan Taranaki, asook vir die Hurricanes in Superrugby en vir Nieu-Seeland se nasionale span die All Blacks. Hy was 'n belangrike lid van die Rugbywêreldbeker 2015-wenspan. Barrett kan ook op heelagter of vleuel speel, soos gedemonstreer by Taranaki en die All Blacks. In 2016 en 2017 het hy die "Wêreldrugby Speler van die Jaar"-toekenning ontvang, en word slegs die tweede speler om die toekenning agtereenvolgend te verower, na voormalige spanmaat Richie McCaw. Hy word deur baie ondersteuners as die beste aktiewe rugbyspeler in die wêreld beskou. Hy was ook tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023 vir Nieu-Seeland betrokke.

Beauden Barrett Rugbyportaal
Beauden Barrett: Nieu-Seelandse rugby speler
Volle naam Beauden John Barrett
Geboortedatum 27 Mei 1991 (1991-05-27) (32 jaar oud)
Geboorteplek New Plymouth, Nieu-Seeland
Lengte 1,87 m
Massa 91 kg
Skool Francis Douglas Memorial College
Universiteit Massey Universiteit
Vername familie Kane Barrett
Jordie Barrett
Scott Barrett (broers)
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Eerste vyf-agtste, heelagter
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2010–
2011–
Taranaki
Hurricanes
26
112
(191)
(1118)
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2011
2012–
All Blacks o/20
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
5
83
(22)
(649)
korrek soos op 1 November 2019.
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2010 All Blacks Sewes 2

Barrett het vir Nieu-Seeland op o/20- en sewesvlak gespeel voordat hy in die All Blacks se opleidingspan opgeneem in Mei 2012 en het sy internasionale debuut as 'n plaasvervanger op 23 Junie 2012 gemaak. Dit was in die laaste toets teen Ierland in Hamilton, toe hy nege punte met die skopskoen aangeteken het. Sy debuut in Superrugby was in 2011 vir die Hurricanes.

Barrett het die wêreldrekord vir agtereenvolgende oorwinnings sedert sy eerste toets (19 oorwinnings uit 19 toetse).

Loopbaan

In 2012 het Barrett sy eerste Superrugbywedstryd gespeel vir die Hurricanes teen die Stormers. Hy was die man van die wedstryd met 'n 39–26 verloor eindtelling.

In Junie 2012 is Barrett in die All Blacks se groep aangewys vir die Ierse toer in Nieu-Seeland. In Barrett se toetsdebuut het hy vir die All Blacks gehelp met 9 punte wat by dra tot 'n rekordoorwinning van 60-0 oor die Iere. Hy het in 2012 vyf toetse gespeel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

All BlacksHurricanes (Superrugbyspan)LosskakelNieu-SeelandRichie McCawRugbyRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 2015Rugbywêreldbeker 2019Rugbywêreldbeker 2023Superrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bywoordg8ftoNasionale lied van Suid-AfrikaHindoeïsmeKommunikasieGeelhoutAnorexia nervosaSamestellende afleidingKweekhuisgasMangelontstekingDie GelofteAgtergrond (narratief)TelevisieVoegwoordLiewe HeksieBlomVoortrekkermonumentBreingewasWeervoorspellingOorstromingBraaiWieg van die MensdomArgitektuurWolkDiskriminasieGeografie van Suid-AfrikaKoperHondsdolheidBeeldspraakVerkleinwoordKlimaatJohannesburgNag van die lang messeBuffelSimmetrieJo BlackMateriaalSelfoonBeroerteDiepaartromboseSoogdierAardbewingVergelykings (taalkunde)Onse VaderEiffeltoringPalestyneJeugdagJazzSeisoenKragopwekkingGianna MichaelsPolitieke partyNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAngolese BurgeroorlogGalblaasLikkewaanMigrasie van diereLidwoordGawes van die Heilige GeesKaapstadOopbroninhoudNiemetaalGasAnneli van RooyenSpysverteringstelselJust NuisanceJava (programmeertaal)Tweede VryheidsoorlogHemelvaartMandalaWynHorlosieOntwikkelende landLys van Afrika-lande🡆 More