Narratief Agtergrond: Plek en tyd waar fiktiewe verhaal afspeel

Agtergrond is die tyd sowel as geografiese ligging binne 'n vertelling of prosawerk.

As literêre element dra die agtergrond daartoe by om die situasie en stemming vir 'n verhaal te skep. Agtergrond is ook al verhaalwêreld  of milieu genoem, en as sulks verwys dit na 'n konteks (veral samelewing) buite die onmiddellike omgewing van die verhaal. Agtergrond kan die volgende elemente insluit: kultuur, historiese tydperk, geografie, en uur. Saam met intrige, karakter, tema en styl word agtergrond as een van die fundamentele komponente van fiksie beskou.

Rol

Agtergrond is 'n belangrike element in 'n vertelling en in sommige werke word die agtergrond self 'n karakter. Die term agtergrond word dikwels gebruik om na die sosiale milieu te verwys waarin die gebeure van 'n roman afspeel, en romanskrywer Donna Levin het al beskryf hoe hierdie sosiale milieu die karakters se waardes vorm. Een van die elemente van verhaalagtergrond is tydsverloop. Dié is in sommige verhale staties, en in ander dinamies, met byvoorbeeld veranderende seisoene.

Tipes

Agtergrond kan verskeie vorms aanneem:

  • Alternatiewe geskiedenis
  • Gekonstrueerde wêreld
  • Distopie
  • Fantasiewêreld
  • Fiktiewe stad
  • Fiktiewe land
  • Fiktiewe "oorkruising"
  • Fiktiewe ligging
  • Fiktiewe heelal
  • Toekomsgeskiedenis
  • Verbeeldingswêreld
  • Mitiese plek
  • Parallelle heelal
  • Planete in wetenskapfiksie
  • Gesimuleerde realiteit
  • Virtuele realiteit
  • Utopie

Aantekeninge

Verwysings

  • Levin, Donna (1992). Get That Novel Started. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. ISBN 0-89879-517-6.
  • Lodge, David (1992). The Art of Fiction. London: Martin, Secker & Warburg Ltd. ISBN 0-14-017492-3.
  • Obstfeld, Raymond (2002). Fiction First Aid: Instant Remedies for Novels, Stories and Scripts. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. ISBN 1-58297-117-X.
  • Rozelle, Ron (2005). Write Great Fiction: Description & Setting. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. ISBN 1-58297-327-X.
  • Truby, John (2007). Anatomy of a Story: 22 Steps to Becoming a Master Storyteller. New York, NY: Faber and Faber, Inc. ISBN 978-0-86547-951-7.

Tags:

Narratief Agtergrond TipesNarratief Agtergrond AantekeningeNarratief Agtergrond VerwysingsNarratief AgtergrondFiksieGemeenskapGeografieKarakterKultuurTydUur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InsekBaardskeerder-spinnekopMartin Luther King jr.RobbeneilandInternetGrondbesoedelingEkostelselNederduitse Gereformeerde KerkDermpoliepCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJohannesburgGeografie van Suid-AfrikaMateriaalAardverwarmingLeah van NiekerkMaagsweerVK (sosiale netwerk)PoolsWoordsoortLys van Afrikaanse skrywersAborsie in Suid-AfrikaSlag van Cuito CuanavaleRMS TitanicPrimêre sektor van die ekonomieTsjeggiesArendGrieksDeelstate van die Verenigde State van AmerikaBTWRooibokBipolêre gemoedsteuringDikdermLionel MessiMiddelmisbruikLys van Suid-Afrikaanse musikanteBoer Soek 'n VrouDulcie van den BerghLys van Afrikaanse digtersVerkleurmannetjieVolhoubaarheidDokterSkilpadGrondwetVeelrassige pornografieSteenkoolBloedvergiftigingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaLemoenduifLys van visseToekoms van die AardeBraaiBettie Cilliers-BarnardHoofpynBonné de BodHoenderPlatinumEuropaPoësiePriemgetalVoornaamwoordRooikatGipsRocco SiffrediBloeddrukOogproblemeAkademiaVrystaatJavaScriptHiënaBelgiëGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVersoeningsdagOliver TamboWaterbesparing in Suid-AfrikaLiefdeWater (molekuul)United Democratic FrontLetterlike en figuurlike taalgebruikMasels🡆 More