Bakı Metropoliteni
Moltreinstelsel van Bakoe
Opening
6 November 1967
Bedryf deur
Bakı Metropoliteni
Kaart van die moltreinnetwerk
Totale lengte
40,3 kilometer
Stasies
27
Spoorwydte
Russiese wydte van 1 520 mm
Elektrifisering
Derde spoor
Die Bakoese Metro (Azerbeidjans: Bakı Metropoliteni, Russies: Бакинский метрополитен имени В. И. Ленина) is 'n openbare vervoerstelsel in Bakoe, Azerbeidjan. Die moltreinnetwerk is geopen op 6 November 1967. Dit bestaan uit drie lyne wat ondergronds loop en altesaam 40,3 kilometer lank is met 27 stasies. Die spoorwydte is 1 520 millimeter (Russiese wydte). Elektriese toevoer word deur 'n derde spoor verskaf en die elektriese spanning is 825 volt gelykstroom.
Die metrostelsel bestaan uit die volgende drie lyne:
# | Naam | Geopen | Lengte | Stasies |
---|---|---|---|---|
1 | Lyn 1 | 1967 | 20,1 km | 13 |
2 | Lyn 2 | 1976 | 14,5 km | 10 |
3 | Lyn 3 | 2016 | 5,7 km | 4 |
Totale | 40,3 km | 27 |
Wiki Commons bevat media in verband met Baku Metro. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bakoese Metro, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.