Kwikstertjie

Die kwikstertjies (ook kwikkies, wipstertjies of akkermannetjies genoem) is klein Ouwêreldse sangvoëls in die familie Motacillidae.

Die dosyn of wat spesies van genus Motacilla is die enigste verteenwoordigers van die subfamilie Motacillinae, en blyk hul oorsprong in die Palearktiese gebied te hê. Die Latynse naam vir ‘n kwikstert, motacilla, is afgelei van muttex, ‘n voëlsoort wat deur Hesychius van Alexandrië (Grieks: Ἡσύχιος ὁ Ἀλεξανδρεύς) vermeld is.

Kwikstertjies
Kwikstertjie
Die witkwikkie (Motacilla alba) van Eurasië en Noord-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Motacilla
Spesies

'n Dosyn of meer spesies, sien teks.

Kenmerke

Kwiksterte is terrestriële voëls van hoofsaaklik binnelandse waterryke habitatte. Die Kaapse kwikkie toon egter ‘n wye habitat-toleransie en word ook aan enige rotsagtige of sanderige seestrande gevind, benewens verskillende gemodifiseerde habitatte soos parke, sportvelde, tuine en rioolwerke. Kwiksterte het ‘n sierlike bouvorm, en hul lang dun sterte word konstant op en af gedu. Sommige spesies is matig tot besonder gregaries buite die broeiseisoen, en enkeles migreer. In Kenia is ‘n migrasiespoed van 46-48 km per uur by die geelkwikkie gemeet. Hul kleursig is goed-ontwikkeld met tot 120 000 konusselle per mm2 wat in die retina van die geelkwikkie aangeteken is (vergeleke met sowat 10 000 by die mens). Hierdeur is hulle goed aangepas by helderverligte omgewings, en kan hul omgewing in detail waarneem.

Spesies

Kwikstertjie 
'n Kaapse kwikkie in Namibië
Kwikstertjie 
'n Gryskwikkie in China

Die genus van kwikstertjies, Motacilla, omvat 12 spesies, of 13 as die São Tomé-kortstertjie (Amaurocichla bocagii) bygereken word:

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kwikstertjie KenmerkeKwikstertjie SpesiesKwikstertjie Sien ookKwikstertjie BronneKwikstertjie VerwysingsKwikstertjie Eksterne skakelsKwikstertjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wieg van die MensdomGeslagsgelykheidOrthopteraZack du PlessisTegnologieJan van TonderHoërskool OuteniquaTranspirasieValentynsdagPerdArmoedeverligtingElzette MaarschalkSteve BikoHulpwerkwoordHerpes simplexWinnie Madikizela-MandelaKompasHamburgerGoudLys van Afrikaanse rolprenteTafelbergNamibiëKlawers (speelkaarte)FopnuusMikro-ekonomieHeidelberg, GautengLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHannes van WykMusiekteaterWebblaaierHenry MurraySatellietfotoGeslagsregister vanaf Adam tot JesusVarkDiskriminasieLiewe HeksieRepubliek van Zoid AfrikaJakobSias ReineckeBorskankerYstervarkKoolstofSaldanhabaaiBeesJudaïsmeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VerkleinwoordDermpoliepRekenaarLuislangeLys van Kaapstad se voorstedeNedersettingIntensiewe vormGoogleLandbouKarooMauritiusLys van medisinale kruieGrondwet van Suid-AfrikaJansenvilleDroomBloedingVakbondWikipediaKernkragMieliestronkNeologismeLys van Suid-Afrikaanse skrywersKolorektale kankerJan van HunksWaar ruwe rotseNaboomTaalDier🡆 More