Ashley Johnson (gebore in Wynberg, 16 Mei 1986) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs as ’n losvoorspeler speel in die Curriebeker en die Superrugbyreeks.
Hy het vir Suid-Afrika in die IRR Onder 21 Wêreldkampioenskap gespeel. In 2008 het hy vir die Opkomende Bokke gespeel in die Nasiesbeker en in 2009 is hy ingesluit in die Springbokgroep wat oorsee getoer het. Hy het sy eerste wedstryd in die Springboktrui in 2009 gespeel maar het eers in 2011 sy eerste toets gespeel, tydens die Drienasiesreeks.
| |||||
Ashley Johnson in 2014 | |||||
Volle naam | Ashley Francois Johnson | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 16 Mei 1986 | ||||
Geboorteplek | Wynberg, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Skool | Paarl Gimnasium | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank, Agsteman | ||||
Springbokno. | 810 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Shimlas Ixias | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012-2013 | Wasps | 25 | 15 | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007-2012 | Vrystaat Cheetahs | 63 | (95) | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010-2012 | Cheetahs | 35 | 30 | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2011 | Suid-Afrika | 3 | 0 |
Johnson was ook kaptein van Peter de Villiers se Southern Spears wat nooit in die Superrugbykompetisie deelgeneem het nie. Dié span het uiteindelik die Southern Kings geword.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ashley Johnson, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.