Annelie Lotriet

Annelie Lotriet (gebore 8 Junie 1960) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Vrystaat wat 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die opposisie Demokratiese Alliansie (DA) is.

In Oktober 2019 was sy tydelik die leier van die opposisie tussen die bedanking van Mmusi Maimane en die verkiesing van John Steenhuisen. Sy dien al as 'n LP sedert Mei 2009. Sy dien ook as die party se koukusvoorsitter en het al 'n paar portefeuljes in die skadukabinet behartig. Voor Lotriet as 'n LP aangestel is, was sy in die provinsiale politiek van die Vrystaat betrokke.

Annelie Lotriet
Annelie Lotriet
Lotriet in 2011

Ampstermyn
24 Oktober 2019 – 27 Oktober 2019
Voorafgegaan deur Mmusi Maimane
Opgevolg deur John Steenhuisen

Ampsbekleër
Termynaanvang
6 Mei 2009

Koukusvoorsitter van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 Mei 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore 8 Junie 1960 (1960-06-08) (63 jaar oud)
Johannesburg
Politieke party Demokratiese Alliansie
Kind(ers) 4
Alma mater Hoërskool Linden
Randse Afrikaanse Universiteit

Agtergrond

Lotriet is in 1960 in Johannesburg gebore en het aan Hoërskool Linden gematrikuleer. Sy het by die Randse Afrikaanse Universiteit gestudeer en verskeie grade behaal. Sy is hierna aangestel as 'n lektor by die Vista-universiteit in Bloemfontein voor sy 'n senior pos by die Universiteit van die Vrystaat ontvang het.

Politieke loopbaan

Tussen 1985 en 2000 het Lotriet op die OFM Raad van Direkteure gedien. Sy raak toe meer betrokke in die plaaslike politiek en in 2000 is sy tot die Bloemfontein-stadsraad verkies. Sy het vir ses jaar as 'n DA-wyksraadslid gedien.

Lotriet het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword in 2009. Haar kiesafdeling is die Oos-Vrystaat. Sy is 'n lid van die komitee vir grondwetlike hersiening wat die mandaat het om die grondwet te verander om grondhervorming moontlik te maak.

Sy het al verskeie posisies in die DA se skadukabinet beklee. Haar mees onlangse posisie was skaduminister van wetenskap en tegnologie. Sy was vroeër die skaduminister van hoër onderwys en opleiding en die skaduminister van kuns en kultuur.

In 2015 is Lotriet as die provinsiale voorsitter van die DA in die Vrystaat verkies, en tot 'n tweede termyn in 2017.

Op 30 Mei 2019 is Lotriet as koukusvoorsitter van die DA in die Nasionale Vergadering verkies. Sy het Anchen Dreyer opgevolg. Later op 24 Oktober 2019 het Mmusi Maimane as leier van die DA in die parlement bedank. Lotriet is as sy waarnemende opvolger aangewys. Sy het tot 27 Oktober gedien toe John Steenhuisen as die nuwe leier aangestel is.

Persoonlike lewe

Lotriet is getroud met Pieter en hulle het vier volwasse seuns.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Mmusi Maimane
Opposisieleier in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (Waarnemend)
2019
Opgevolg deur
John Steenhuisen
Voorafgegaan deur
Anchen Dreyer
Koukusvoorsitter van die Demokratiese Alliansie
2019–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër

Tags:

Annelie Lotriet AgtergrondAnnelie Lotriet Politieke loopbaanAnnelie Lotriet Persoonlike leweAnnelie Lotriet VerwysingsAnnelie Lotriet Eksterne skakelsAnnelie LotrietDemokratiese AlliansieJohn SteenhuisenMmusi MaimaneNasionale Vergadering van Suid-AfrikaSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierJohannes KerkorrelRugby AustraliaRoodepoortWikiWoordeboekMaagdelikheidErektiele disfunksieMondEoliese prosesJohn AdamsBeesFilosofieRobin WilliamsJapanZirk van den BergKeelseerMaroela MediaVolstruisBorskankerMierBipolêre gemoedsteuringLys van persone in die BybelFord GalaxyJeuksiekteDesiré GardnerAbstraksie (rekenaarwetenskap)OrthopteraGeskiedenis van AfrikaansMantisMercuriusZirk BerghDansBroodwortelDoziGewone tarentaalBaarmoederHeilige GeesMarkus JoosteDane van NiekerkRugbywêreldbeker 2023MieliestronkNagmaalTsongaAuschwitz-konsentrasiekampNoorweë7de LaanLimfvatstelselOlifantLuxemburg (provinsie)Boer Soek 'n VrouAnale seksMakrielChetan BhagatKoppeltekenShine4AktuarisLys van Griekse mitologiese figureTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinJohn SteenhuisenMarita NapierDawidAppel (sanger)Menslike skeletSiembambaPersentasieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaNicolas-Louis de LacaillePornografiese akteurDikdermPlae van EgipteAfrikaanse TaalmonumentIntensiewe vormKinderregteMenstruasieKoos du Plessis🡆 More