Vista-Universiteit

Vista-universiteit was ’n Suid-Afrikaanse universiteit met kampusse in die grootste swart stedelike areas en het ook nie-residensiële studente geakkommodeer.

Dit het bestaan van 1982 tot 2004.

Vista-universiteit

Leuse:Vista
Gestig:1982
Gesluit:2004
Tipe:Publieke universiteit
Fakulteite:5
Studentetal:32 182 (2004)
Ligging:Pretoria, Suid-Afrika
Kampus:Stedelik
Kleure:Blou en goud
         

Hierdie universiteit is gestig kragtens Wet 106 van 1981 en die eerste lesings het in 1983 plaasgevind. Die universiteit was uniek in die opsig dat dit kampusse versprei oor die hele land gehad het. Die beplanning, administrasie en beheer van die verskeie kampusse is vanuit Pretoria gedoen waar die rektor, registrateurs en professionele departemente geleë was. Die akademiese en relevante administratiewe funksies is na die kampusse gedesentraliseer en elke kampus was onder die leiding van ’n kampusdirekteur.

In 1983 was daar ’n studentetal van 2 010 wat in 1991 toegeneem het tot 26 906 (waarvan 26 463 swart, 33 Asiër, 285 Kleurling en 124 wit was) wat die Vista-Universiteit die tweede grootste universiteit in Suid-Afrika gemaak het, naas Unisa. In 2004 het die universiteit 32 182 studente gehad. Graadkursusse is in Engels aangebied in vyf fakulteite, Geesteswetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Opvoedkundige Wetenskappe, Regte en Natuur- en Wiskundige Wetenskappe. Die voorsiening van swart onderwysers was vanuit die staanspoor ’n topprioriteit en voornemende studente moes die Vista-toelatingstoets aflê wat deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad ontwikkel is om studente se universiteitsprestasiepotensiaal vas te stel. Benewens die agt kampusse, was daar ook twee navorsingseenhede in die universiteit geleë: die Indiensnemingsnavorsingseenheid wat op werkskepping gefokus het, en die Navorsingseenheid vir Inheemse Tale wat gefokus het op die ontwikkeling van Suid-Afrika se inheemse tale.

Studente aan die universiteit is op elke kampus verteenwoordig deur hul eie Studenteraad wat die universiteitsbestuur bygestaan het in die kampusbestuur om studentesake te reël. Sportoorte soos sokker, tennis, tafeltennis en skaak is beoefen, daar was studentegenootskappe vir Sosiologie en Geografie en Geskiedenis, en kultuuraktiwiteite soos eenakters, poësievoorlesings, drama, koorsang en kunsuitstallings het deel van die studentelewe gevorm.

In 2001 het die Suid-Afrikaanse regering tot ’n reorganisasie van die hoër onderwyssektor besluit en daarvolgens is die Vista-universiteit ontbind en sy kampusse ingelyf by nabygeleë universiteite.

Kampusse

Rektore en vise-kanseliers

  • 1982–1987: Cas F. Crouse
  • 1987–1994: Schalk W.B. Engelbrecht
  • 1996–2000: H.P. Africa
  • 2000–2003: Clement T. Keto
  • 2003–2004: Sipho Seepe

Kanseliers

Bekende alumni en personeellede

Verwysings

Tags:

Vista-Universiteit KampusseVista-Universiteit Rektore en vise-kanseliersVista-Universiteit KanseliersVista-Universiteit Bekende alumni en personeelledeVista-Universiteit VerwysingsVista-UniversiteitSuid-AfrikaUniversiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

San Andreas-breukMetaalSpringbokWaterpokkiesLys van bekende Suid-AfrikanersSaartjie BaartmanHerpes simplexPlastiekEskomUnie van Suid-AfrikaAppel (sanger)DansDroomPrimêre sektor van die ekonomieTrekarbeidMiddeloorontstekingOrtopedieDieregeluideSuid-Afrika-WetSlawernyFilistyneEugenetikaPaddaJuraInentingAfkortingKunsmatige intelligensieFisiese oefeningDikdermPriemfaktorLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWaterbesparing in Suid-AfrikaWes-KaapSeksSwaweldioksiedWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBlourokkePizzaJodeKaapse florarykKatoenSatellietInkomsteStikstofRugbyVennootskapSamestellingDrie-eenheidRasionale getalNapoleon BonaparteSoortnaamToestand van materieJudaïsmeAfrikaanse WikipediaSpelerposisies in rugbyOrale seksCorioliskragNasionalismeCounter-Strike 2NiersteenDriehoekWikipediaHeupvervangingKlimaatDonkieWortelTandbederfVersoeningsdagHannes van WykNarsistiese persoonlikheidsteuringWoordsoortKriekKultuurMusieksimboleBeurtkragVoegwoordKaapse Vlakte🡆 More