John Steenhuisen: Suid-Afrikaanse politikus

John Henry Steenhuisen (gebore 25 Maart 1976) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 2020 as die leier van die Demokratiese Alliansie (DA) dien.

Hy was tussen November 2019 en November 2020 die tussentydse leier. Hy het die leier van die opposisie in die Nasionale Vergadering in Oktober 2019 geword. Hy het voorheen as die hoofsweep onder die leierskap van Mmusi Maimane gedien. Steenhuisen het 'n lid van die parlement in Julie 2011 geword. Voor dit was hy betrokke in die politiek van KwaZulu-Natal waar hy as die provinsiale leier van die DA en lid van KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer gedien het. Hy was ook 'n stadsraadslid in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Hy is op 2 April 2023 vir nog 'n termyn as partyleier herkies.[1].

John Steenhuisen
John Steenhuisen

Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering
Ampsbekleër
Termynaanvang
27 Oktober 2019
Voorafgegaan deur Annelie Lotriet (waarnemend)
Mmusi Maimane

Federale Leier van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 November 2020
Voorafgegaan deur Mmusi Maimane

Hoofsweep van die Amptelike Opposisie
Ampstermyn
29 Mei 2014 – 24 Oktober 2019
Vise Jacques Julius
Mike Waters
Voorafgegaan deur Watty Watson
Opgevolg deur Jacques Julius (waarnemend)
Natasha Mazzone

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Maart 1976 (1976-03-25) (48 jaar oud)
Durban
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Terry Steenhuisen (2014–)
Julie Steenhuisen (2000–2010)
Kind(ers) 3
Alma mater Northwood Boys High School

Vroeë lewe en opvoeding

Steenhuisen is op 25 Maart 1976 in Durban gebore. Hy het in 1993 aan die Northwood Boys High School, 'n Engels-medium sekondêre skool in Durban, gematrikuleer. Hy het nie by 'n tersiêre instelling studeer nie.

Politieke loopbaan

Steenhuisen het by die Demokratiese Party aangesluit, die voorganger van die DA, as 'n aktivis voor hy lid van 'n tak geword het.

Op die ouderdom van 22 in 1999 is hy as 'n lid van die destydse stadsraad van Durban verkies en het gevolglik een van die jongste raadslede geword. Hy het in 2006 die leier van die DA-koukus geword. Hy het in die uitvoerende raad van die stadsraad gedien.

Steenhuisen het in Mei 2009 'n lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer geword en is ook as die party se koukusleier aangestel. In Oktober 2009 word hy tot provinsiale leier van die DA verkies. Hy het die posisie van provinsiale leier tot Oktober 2010 gehou toe hy bedank het, te midde die onthulling van ontrou in sy huwelik. Hy het as 'n lid van die wetgewer gedien totdat hy in Julie 2011 na die Nasionale Vergadering geskuif het. Hy het posisies met DA-LP Mark Steele geruil.

In die parlement het hy as 'n lid van die Gesamentlike Staande Komitee vir die Finansiële Bestuur gedien. Hy is tans 'n lid van die Reëlskomitee. Hy het ook as die DA se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake gedien.

In Mei 2014 is hy as die hoofsweep van die amptelike opposisie aangestel. Hy het die amp tot Oktober 2019 gehou toe Mmusi Maimane uit die DA en die parlement bedank het. Hy het sy kandidaatuur as leier van die opposisie aangekondig en hy is op 27 Oktober 2019 onbestrede verkies. Steenhuisen verklaar hierna sy kandidaatuur vir die pos van tussentydse leier van die DA. Hy wen toe die verkiesing vir die pos op 17 November 2019 deurdat hy Makashule Gana verslaan het.

Op 1 November 2020 is Steenhuisen as die nuwe federale leier van die Demokratiese Alliansie afgekondig. Hy het vir KwaZulu-Natalse LPW Mbali Ntuli geklop nadat hy omtrent 80% van die afgevaardigdes se steun ontvang het.

Persoonlike lewe

Steenhuisen is vlot in Engels sowel as Afrikaans. Hy woon tans in Umhlanga, KwaZulu-Natal en is 'n ondersteuner van die Sharks-rugbyunie en die AmaZulu FC-sokkerklub.

Hy was tien jaar lank met Julie Steenhuisen getroud voordat hy hul egskeiding in Oktober 2010 aangekondig het, te midde van openbare onthullings van sy voortslepende verhouding met Terry Kass Beaumont, die DA se provinsiale woordvoerder en vrou van Michael Beaumont, die DA se provinsiale direkteur.

Steenhuisen het twee dogters uit sy huwelik met Julie. Hy is later met Terry getroud en hulle het saam 'n dogter.

Verwysings

Eksterne skakels

  • John Steenhuisen op Twitter
  • "John Henry Steenhuisen". People's Assembly. Besoek op 7 Julie 2018.
  • Wiki AfrikaansJohn Steenhuisen: Vroeë lewe en opvoeding, Politieke loopbaan, Persoonlike lewe  Wiki Commons het meer media in die kategorie John Steenhuisen.

Tags:

John Steenhuisen Vroeë lewe en opvoedingJohn Steenhuisen Politieke loopbaanJohn Steenhuisen Persoonlike leweJohn Steenhuisen VerwysingsJohn Steenhuisen Eksterne skakelsJohn SteenhuisenDemokratiese AlliansieEThekwini Metropolitaanse MunisipaliteitKwaZulu-NatalKwaZulu-Natalse Provinsiale WetgewerMmusi MaimaneNasionale Vergadering van Suid-AfrikaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Langste woordGoogleVoornaamwoordPrimêre sektor van die ekonomieMuishondGroepsgebiedewetKolonisasieAfro-AmerikanersGalileo GalileiWetenskaplike klassifikasieDieregeluideKasterolieIngenieursweseOseaanProteïenStam (taalkunde)EreksieBestaansboerderyLys van bekende Suid-AfrikanersPubliekUnited Democratic FrontSuid-EuropaDiepaartromboseGenitale vratSpysverteringstelselBoelierySpreeuChloorErfenisdag (Suid-Afrika)KunsVoorvoegselRooibokAnrich HerbstVleilandOmgewingsbeheerHarry PotterKatoenAnale seksEkonomiese sektorChristiaan Barnard22 AprilDundermEmo AdamsMolekuulVergelykings (taalkunde)KunsmisVoorsetselGrondwet van Suid-AfrikaMaselsGevolge van aardverwarming op oseaneStereotipeBateArmoedeHoenderVliegtuigVulkaanWet op NaturellengrondMikro-ekonomieDriedimensioneelRugbyBokmakierieLemoenBreinCovid-19-pandemieKuberkrakerBrongitisHemelvaartLys van visseIslamitiese StaatSkoolBevolkingsafnameOrthopteraDuitse maselsSuid-AfrikaSoutsuurWinter🡆 More