Altaar

’n Altaar is ’n verhewe struktuur waarop godsdienstige offers gewoonlik gebring word.

Hulle word aangetref in heiligdomme, tempels, kerke en ander plekke van aanbidding. Altare is en word steeds veral gebruik in die paganisme, Christendom, Boeddhisme, Hindoeïsme, Judaïsme (tot met die vernietiging van die Tweede Tempel) en neopaganisme.

Altaar
Die altaar in die Roskilde-katedraal in Denemarke, met ’n reuse-altaarskerm daaragter.

Etimologie

Die Afrikaanse woord "altaar" kom via Nederlands van die Latynse altare, die boonste deel waar die offer verbrand is (van die woorde altus, "hoog", en ara, "altaar" of "offertafel").

Judaïsme

Altare (Hebreeus: מזבח mizbe'ah, "plek van slagtings of offers") in die Hebreeuse Bybel (Ou Testament) is gewoonlik gebou van grond of ongekapte klip. Die eerste altaar wat in die Bybel genoem word, is een wat deur Noag gebou is. Altare is ook deur Abraham, Isak, Jakob, en Moses gebou.

Altaar 
Die Murugan-Hindoetempel in Roermond, Nederland.

Christendom

Die woord "altaar" (Grieks: θυσιαστήριον) verskyn meer as 20 keer in die Nuwe Testament. In die Katolieke en Oosters-Ortodokse Kerk word die mis op die altaar opgedra. Altare staan in die meeste Christelike kerke op ’n baie prominente plek. In die meeste Protestantse kerke word dit nie gebruik nie, maar dien ’n tydelike nagmaaltafel dieselfde doel.

Hindoeïsme

In Hindoeïsme bevat altare (Sanskrit: मन्दिर, mandir) gewoonlik prente van gode en godinne. Groot versierde altare kom gewoonlik in Hindoetempels voor en kleiner altare in huise en soms in Hindoewinkels en -restaurante.

Boeddhisme

Altaar 
’n Butsudan in ’n Boeddhistetempel.

In Boeddhisme word strukture soos ’n butsudan of bàn thờ in huise en tempels aangetref. Die butsudan is ’n houtkabinet met deure waarin ’n heilige beeld van die Boeddha of die Bodhisattvas of ’n mandalarol beskerm word. Die deure is oop wanneer die beeld gesien moet word, maar kan daarna toegemaak word. Dit is gewoonlik met blomme versier en kan ook ander godsdiensvoorwerpe soos kerse, wierook, klokkies of vrugte bevat.

Verwysings

Skakels

  • Altaar  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Altaar EtimologieAltaar JudaïsmeAltaar ChristendomAltaar HindoeïsmeAltaar BoeddhismeAltaar VerwysingsAltaar SkakelsAltaarBoeddhismeChristendomGodsdiensHindoeïsmeJudaïsmeKerk (gebou)NeopaganismePaganismeTempelTweede Tempel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Saartjie BaartmanFranse RewolusieGreta ThunbergProteïenNatuurrampSkoolBuffelKolitisGoogleKatGetalRacheltjie de BeerPriemgetalLangste woordOlifantWet op Bantoe-onderwysPropagandaTienie HollowayN.P. van Wyk LouwEwenaarLikkewaanHernubare energieLika BerningKrimpvarkieGevolge van aardverwarming op oseaneWaarheid-en-versoeningskommissieKrieketTierNeo-NazismeSamestellende afleidingVolhoubaarheidLys van chemiese elemente volgens atoomgetalTsoenamiBruin menseGreen PornoBronsVormDie Stem van Suid-AfrikaMonopolieHeks van HexrivierAlkoholismeBaljuEuropaAfrikaanse naguilMarsAtoomIrma SternThys die BosveldklongBalletBotswanaDepressie (gemoedstoestand)OutismeNierSowjetunieSeksualiteitRomeinse RykKameelperdMiddeloorontstekingMaanVoortrekkermonumentMondSkildklierAardbewingMaroela MediaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaPastoorWieg van die MensdomToerismePussy RiotVlekvrye staalBeesvleisUniversele Verklaring van MenseregteMigrasie van diereKoue OorlogVerkleurmannetjie🡆 More