Pous Felix I: 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk

Felix I was die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Felix I
Pous Felix I: Biografie, Pontifikaat, Verering
Geboortenaam Felix
Pontifikaat begin 5 Januarie 269
Pontifikaat eindig 30 Desember 274
Voorganger Dionisius
Opvolger Eutichianus
Gebore
Rome, Italië
Sterf 30 Desember 274
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Felix

Biografie

Pous Felix I is 'n Romein van geboorte. Op 5 Januarie 269 volg hy Pous Dionisius op en regeer tot sy dood op 30 Desember 274. Hy word opgevolg deur Pous Eutichianus. Die naam ‘Felix’ beteken ‘die gelukkige.

Pontifikaat

Tydens sy pontifikaat ontvang hy die verslag van die sinode van Antiogië geadresseer aan sy voorganger Pous Dionisius. Die sinode het die biskop Paulus van Samosata afgesit oor sy kettery oor die leerstelling van die Drie-eenheid. Die Liber Pontificalis meld dat Felix 'n basiliek op die Via Aurelia opgerig het. Hy het meer duidelikheid gegee oor verskeie leerstellings en die ritus van die mis. Hy stel die dualiteit van Jesus van Nasaret as twee persone, God en mens vas. Hy inisieer ook die leerstelling oor die Drie-eenheid. Hy staan ook toe dat martelare onder die altaar in kerke begrawe word en dat misse jaarliks op die grawe opgedra mag word. Hy het hom beywer vir die gelowiges wat onder keiser Aurelianus vervolg is en is uiteindelik self aan die vervolging as martelaar dood. Hy is bekend as die pous wat baie ywerig was in evangelisasie. Hy is begrawe in die katakombe van Callixtus.

Verering

Pous Felix I word as heilige en martelaar vereer. Sy feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk is op 30 Desember.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Dionisius
Biskop van Rome
269274
Opgevolg deur
Eutichianus

Tags:

Pous Felix I BiografiePous Felix I PontifikaatPous Felix I VereringPous Felix I VerwysingsPous Felix I Eksterne skakelsPous Felix I NotaPous Felix I OpvolgingPous Felix IPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaatskappySpysverteringstelsel20ste eeuHeuningbyPlae van EgipteHeupvervangingHeks van HexrivierInsekDikdermTrekarbeidRussiese inval in Oekraïne sedert 2022LeierskapLys van Suid-Afrikaanse skrywersKoos du PlessisJakkalsBTWInstagramOm-te-infinitiefkonstruksieHorlosieVrystaatBoerboelBerghaanDokterSonnetHannes van WykRudi ClaaseByvoeglike naamwoordEk is 'n Afrikaan (toespraak)2001Familie (verwantskap)WelwillendheidsdagLys van Joodse feeste en herdenkingsVoortrekkersC. Louis LeipoldtWet op Bantoe-onderwysVerenigde State van AmerikaKinderregteSuid-Afrikaanse randEnkelvoudige sinLys van Kaapstad se voorstedeJaco JacobsHulpwerkwoordBreinkaartLys van elemente volgens simboolHamburgerBynierChroniese siekteEnsiklopedieMurunwa MakwarelaEerste WêreldoorlogMagsverheffingNarsistiese persoonlikheidsteuringChapmanspiek-rylaanNelson MandelaWerkloosheidTierAborsie in Suid-AfrikaErfenishulpbronChatGPTVerlede tydSmeltpuntJansenvilleKlem-in-die-kaakWaterbesparing in Suid-AfrikaFraktuurVoornaamwoordSeksuele opwekkingSarel Jacob PretoriusOplossing (chemie)ChristendomMaroela MediaIntensiewe vormRefleksieWiskundige terminologieAfkorting🡆 More