Ontugwet

Die Ontugwet (Wet No.

21) van 1950 was 'n wet onder die Apartheidstelsel wat eens 'n verbod op seksuele verhoudings tussen lede van die wit rassegroep en die swart rassegroep geplaas het. Dit het die maatreëls van die vroeëre Ontugwet No. 5 van 1927 uitgebrei om seksuele verhoudings tussen blankes en lede van alle ander rassegroepe te verbied. Dit was een van die mees omstrede wette van Suid-Afrika onder Apartheid. Die wet was daarop gemik om die vermenging van rasse binne die huwelik en ander seksuele verhoudings te verhoed.

Tussen 1950 en die herroeping van die wet in 1985 is ten minste 19 000 mense ten volle vervolg vir die oortreding van die wet, terwyl duisende meer in hegtenis geneem is sonder 'n verhoor.

Die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike en die Ontugwet was van die eerste belangrike stukke apartheidwetgewing. Gemengde huwelike is in 1949 in Suid-Afrika verbied. Onder die vaandel van die ontugwet het die Suid-Afrikaanse Polisie gemengde paartjies wat daarvan verdink is dat hulle in 'n seksuele verhouding verkeer het, vervolg. Verdagtes se privaatheid is in die proses geskend, huise binnegedring en deure oopgestamp. Een van die eerste persone wat weens die Ontugwet veroordeel is, was 'n Kaaps-Hollandse blanke predikant; hy is betrap terwyl hy seksuele omgang met sy huisbediende in sy motorhuis gehad het. Hy het 'n opgeskorte vonnis ontvang, waarna die gemeentelede sy garage tot op die grond laat platstoot het.

Die Ontugwet en die verbod op gemengde huwelike was van die eerste apartheidswette wat afgeskaf is, reeds in 1985 deur president P.W. Botha.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

19271950ApartheidSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wayde van NiekerkKorrupsieYsterGawes van die Heilige GeesKlavierGoudkus (streek)BreinSoweto-opstandAborsieNommertekenWerkersdagIronieLys van politieke partye in Suid-AfrikaVeerBysteekChristendomEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaTafelbergSeksuele opwekkingWinnie Madikizela-MandelaAkuutGewone breukeAfrikanersEthiopiëGriekwa-AfrikaansIoonBorskankerKaapstadTarentale22 NovemberSendelingposisieKankerDiepaartrombosePoësieDistrik SesEkonomiese sektorAnilingusResensie3D-rolprentStereotipeMisdaadromanEmfiseemNetbalAngolese BurgeroorlogMierWerkwoordJan van TonderPenisToestand van materieBreinvliesontstekingDie ontstaan van die dramaSoortnaamKlimaatsverandering in AfrikaNarsistiese persoonlikheidsteuringVaalrivierVoegwoordDawidLys van Joodse feeste en herdenkingsTsoenamiSkarlakenkoorsNatuurbewaringSikloonHandelsmerkBrittany Ashton HolmesAngina pectorisYslandKatjieHector PietersonPesachBewussynAppendiksMondMusieksimboleBernice West🡆 More