Jürgen Schadeberg: Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar

Jürgen Schadeberg (18 Maart 1931 - 29 Augustus 2020) was 'n Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar.

Hy het belangrike oomblikke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gefotografeer, insluitend ikoniese foto's soos van Nelson Mandela in die Robbeneiland-gevangenis. Hy het ook in Londen en Spanje gewoon, gewerk en klas gegee en foto’s in baie Afrikalande geneem.

Jürgen Schadeberg
Gebore(1931-03-18)18 Maart 1931
Sterf29 Augustus 2020 (op 89)
La Drova, Valencia, Spanje
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepFotograaf
Bekend virSof'town Blues: images from the black '50s, Voices from Robben Island, The Black and White Fifties: Jürgen Schadeberg's South Africa

Sy werk word in die versamelings van die Verenigde Koninkryk se kunsraad, die nasionale portretgalery, Tate en die Victoria en Albert-museum in Londen bewaar.

Lewe

Jürgen Schadeberg is in 1931 in Berlyn, Duitsland, gebore waar hy grootgeword het tydens die Nazi-bewind en die Tweede Wêreldoorlog. In die nasleep van die oorlog het sy moeder 'n verhouding met 'n Britse offisier in die besettingsleër begin en in 1947 saam met hom na Suid-Afrika geëmigreer. Schadeberg homself as fotograaf bekwaam by die Deutsche Presseagentur (Duitse persagentskap). Hy verhuis in 1950 na Suid-Afrika om weer by sy gesin aan te sluit en vind die volgende jaar werk by die tydskrif Drum as amptelike fotograaf en uitlegkunstenaar.

Schadeberg het die seniorfiguur van die groep geword en 'n onderwyser en mentor vir sommige van die mees kreatiewe Suid-Afrikaanse fotograwe van sy tyd, waaronder Bob Gosani, Ernest Cole en later Peter Magubane. As een van die min wit fotograwe wat die daaglikse lewe onder die swart gemeenskap gefotografeer het, het hy kennis gemaak met die lewe en kultuur van Swartes. As gevolg hiervan het hy die begin van die vryheidsbeweging, die gevolge van apartheid en die lewenskragtigheid van die township-lewe op film vasgelê. Schadeberg het in die vyftigerjare talle historiese en belangrike gebeure gefotografeer, waaronder die Defiance-veldtog (uitdagingsveldtog) van 1952, die verraadverhoor van 1956, die verwydering uit Sophiatown in 1955, die jazz- en sosiale toneel van Sophiatown, die begrafnis van slagoffers van die Sharpeville-slagting van 1960, en foto's van Robbeneiland-gevangenes. Van die bekende persone wat hy gefotografeer het, is onder andere Nelson Mandela, Walter Sisulu, Oliver Tambo, Trevor Huddleston en Govan Mbeki. Hy dokumenteer ook jazz-legendes uit die 1950's soos Thandi Klaasen, Hugh Masekela, Kippie Moeketsi en Miriam Makeba Hy het dokumentasie oor die alledaagse lewe geskep. Drum wou hê dat die sangeres Dolly Rathebe die voorbladmeisie vir een van hul uitgawes moes wees. Schadeberg het haar na 'n Johannesburgse mynhoop geneem en in 'n bikini afgeneem. Die twee is in hegtenis geneem weens oortreding van die Ontugwet wat verhoudings tussen rasse verbied het.

In 1959 verlaat Schadeberg Drum om vryskutwerk te doen. Hy was deel van 'n ekspedisie onder leiding van professor Phillip Tobias van die Universiteit van die Witwatersrand om die Boesmans te bestudeer en publiseer beelde in The Kalahari Bushmen Dance in 1982.

Schadeberg voel gedwonge deur toenemende burgerlike onrus om Suid-Afrika te verlaat, en gaan in 1964 na Londen, waar hy fotoredakteur was van die tydskrif Camera Owner (voorloper van Creative Camera), waarin hy 'n sterker ontwerpsin opgeneem het en die beeldinhoud daarvan verhoog het. Hy was van April tot Julie 1965 die redakteur van die publikasie. Hy het ook fotografiese uitstallings in Engeland aangebied en saamgestel, veral vir die Whitechapel-kunsgalery. Daarna verhuis hy na Spanje waar hy hom toespits op 'n loopbaan as kunstenaar. In 1972 keer hy terug na Afrika waar hy 'n pos as fotograaf vir Christian Aid in Botswana en Tanzanië aanvaar. In 1973 reis hy in Senegal, Mali, Kenia en Zaire om foto's te neem.

In 1985 keer Schadeberg terug na Suid-Afrika, waar hy saam met sy vrou Claudia woon. Hy het voortgegaan om as fotojoernalis te werk en het ook dokumentêre films oor die swart gemeenskap gemaak tot 2007, toe hy na Europa teruggekeer het.

Afsterwe

Schadeberg sterf aan 'n beroerte in sy huis in La Drova, Valencia, Spanje, op 29 Augustus 2020, 89 jaar oud.

Publikasies

  • The Fifties People of South Africa : the lives of some ninety-five people who were influential in South Africa during the fifties, a period which saw the first stirrings of the coming revolution / with photos by Bob Gosani ... [et al.], Bailey's African Photo Archives, 1987, ISBN 0-620-10529-1
  • The Finest photos from the old Drum, Bailey's African Photo Archives, 1987; Penguin Books [distributor], ISBN 062010581X
  • Nelson Mandela and the Rise of the ANC / compiled and edited by Jürgen Schadeberg ; photographs by Ian Berry ... [et al.] ; text by Benson Dyantyi ...[et al.], Jonathan Ball, 1990, ISBN 0-947464-18-2
  • The Black and White Fifties : Jürgen Schadeberg's South Africa, Protea, 2001, ISBN 1-919825-71-1[21]
  • Who Killed Mr. Drum? / Sylvester Stein / photography by Jürgen Schadeberg, Corvo Books, 2003, ISBN 0-9543255-1-6
  • Jürgen Schadeberg, Hatje Cantz Verlag, edited by Ralf-P. Seippel, 2008, German/English/French, ISBN 978-3-7757-2150-9

Film en video

  • Ernest Cole — Video, 52 minute. The life and work of a courageous and pioneering black photographer
  • Voices from Robben Island — 16 mm, 90 minute. The history of the infamous island prison, a BBC co-production
  • War & Peace — Video, 60 minute. The history of the ANC from 1900—1994
  • Have you seen Drum recently? — 35 mm, 77 minute.
  • The vibrant and turbulent 1950s in South Africa, with original music and photographs from Drum magazine.
  • The seven ages of music — Video, 56 minute. A musical trip through history, from San singing to Hugh Masekela
  • Dolly & the Inkspots — Video, 26 minute. The life and memories of this legendary jazz singing combination
  • Drumbeats — 16 mm, 56 minute
  • Ballroom Fever — Video, 26 minute
  • Jo'burg Cocktail — Video, 56 minute
  • Halala Bomane! (Hail the Women!) — Video, 56 minute

Versamelings

Schadeberg se werk word in die volgende permanente versamelings gehou:

  • Verenigde Koninkryk kunsraad, VK: 2 afdrukke (September 2020)
  • Nasionale portretgalery, Londen: 8 afdrukke (September 2020)
  • Tate, Londen: 3 afdrukke (September 2020)
  • Victoria en Albert-museum, Londen: 2 afdrukke (September 2020)

Verwysings

Eksterne skakels

  • Jürgen Schadeberg: Lewe, Afsterwe, Publikasies  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Jürgen Schadeberg LeweJürgen Schadeberg AfsterweJürgen Schadeberg PublikasiesJürgen Schadeberg Film en videoJürgen Schadeberg VersamelingsJürgen Schadeberg VerwysingsJürgen Schadeberg Eksterne skakelsJürgen Schadeberg18 Maart1931202029 AugustusFotograafKunstenaarLondenNelson MandelaRobbeneilandSpanje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikanerweerstandsbewegingBreinvliesontstekingNiemetaalSimboolMaselsLeah van NiekerkLMierVakbondTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)GeslagsgelykheidKameelperdSeksuele opwekkingAnti-inflammatoriese middelToestand van materieHernubare energieHerpes simplexKonsentrasiekampKonjunktivitisJeanette FerreiraHipoteseInternetSatellietVoornaamwoordGrondwet van Suid-AfrikaSpringbokkeOlimpiese SomerspeleZack du PlessisGeskiedenis van die BoererepubliekeGeldCleopatra VIIHamburgerEkonomie van Suid-AfrikaJeuksiekteDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyReg tot ‘n gesonde omgewingFamilie (verwantskap)FotosinteseVloeistofBreinGroepsgebiedewetLys van myne in Suid-AfrikaAnrich HerbstVerkoueRefentse MorakeOrthopteraMotorvoertuigVerbondsarkGalileo GalileiKultuurEk is 'n Afrikaan (toespraak)1990JeugdagWright-broersLys van Afrikaanse skrywersSelfstandige naamwoordHolocaustTermiese geleidingsvermoëNatuurrampFrankrykNazi-DuitslandDesimale breukeTelwoordLeeudoringstad-spoorwegrampMaatskappyKolitisStereotipeWiskundige terminologieMosambiekkanaal🡆 More