Die wet was een van die eerste apartheidswette nadat die Nasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het. Deur die rasseregistrasie, wat deur die Wet op bevolkingsregistrasie van 1950 verpligtend was en alle mense in vier groepe ingedeel, kon die Suid-Afrikaanse regering beheer uitoefen oor huwelike met die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike.
In die drie jaar voor die inwerkingtreding van die wet, was die persentasie gemengde huwelike wat geraak is reeds laag op 0,23% van alle huwelike. In 1968 is die wet hersien, waarmee Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, nie aan dieselfde wet onderwerp is nie.
Soortgelyke wetgewing het ook in verskeie ander lande bestaan, onder andere in die VSA (die sogenaamde Anti-miscegenation laws) tot in 1967 en in Duitsland (die Rassewette van Neurenberg) tot in 1945.
This article uses material from the Wiki Afrikaans article Wet op Verbod van Gemengde Huwelike, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.