Balk-Dikbek

Die balk-dikbek (Hemigymnus fasciatus) is 'n vis wat voorkom in die Indo-Pasifiese gebied, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal.

In Engels staan die vis bekend as die Barred thicklip wrasse.

Balk-dikbek
Balk-Dikbek
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Cuvier, 1816
Genus:
Hemigymnus
Spesie:
H. fasciatus
Binomiale naam
Hemigymnus fasciatus
(Bloch, 1792)
Sinonieme
  • Mullus fasciatus Thunb., 1795 (invalid)
  • Labrus fasciatus Bloch, 1792
  • Halichoeres fasciatus (Bloch, 1792)
  • Labrus fuliginosus Lacépède, 1801
  • Hemigymnus fuliginosus (Lacépède, 1801)
  • Labrus malapteronotus Lacépède, 1801
  • Sparus meaco Lacépède, 1802
  • Sparus zonephorus Lacépède, 1802
  • Scarus quinquefasciatus J. W. Bennett, 1830
  • Tautoga mertensii Valenciennes, 1839
  • Tautoga leucomos Bleeker,1858

Identifikasie

Die vis word tot 50 cm groot en het kenmerkende diklippe. Die vis se kleure verander soos dit ontwikkel. Die wyfie het 'n swart lyf met vyf nou, wit vertikale strepe op die sye. Die kop is geel-groen met pienk strepe op. Die volwasse mannetjie se pienk strepe is meer duidelik. Gedurende broeityd kan die mannetjie die kleure op sy lyf omkeer: die wit word swart en die swart word wit. Die onvolwasse visse is bruinerig tot donker groen van kleur met verskeie dowwe strepe oor die lyf.

Habitat

Die vis leef in water wat van 5 tot 25m diep is. Hulle verkies 'n mengsel van sand, rotsrommel en koraal in riwwe. Die onvolwasse vissies skuil in die korale se takke terwyl die volwasse visse orals op die riwwe swem. Die vis is alleenlopers of bly in klein groepies. Hulle vreet slakke en skaaldiere. Hierdie spesie word nie dikwels gesien nie.

Balk-Dikbek 
'n Balk-dikbek

Sien ook

Bronne

  • Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 ISBN 978-1-86825-981-6
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Balk-Dikbek IdentifikasieBalk-Dikbek HabitatBalk-Dikbek Sien ookBalk-Dikbek BronneBalk-Dikbek VerwysingsBalk-Dikbek Eksterne skakelBalk-Dikbek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BorsteJan van RiebeeckOopbroninhoudAfrikaanse woordelys en spelreëlsAprilBateBeesKapitaal (ekonomie)Afrikaanse TaalmonumentRassisme in AfrikaApostoliese GeloofsbelydenisRosa ParksJavaScriptHokkieErfenisdag (Suid-Afrika)KwosiëntKatKlinkerLandbou-ingenieursweseAlkoholismeSuid-Afrikaanse InkomstediensSonAfleiding (taalkunde)RooibloedselTropiese sikloonSelfoonKunsmatige intelligensieDubbelpuntNatriumMierTierDataverwerkingKrokodilOranjerivierGrondbesoedelingWhatsAppMagneetDermpoliepEreksieAnorexia nervosaVersoeningsdagInligtingKatoenOutismeNoordwesLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHoofpynLys van politieke partye in Suid-AfrikaSeksismeSteenkool in Suid-AfrikaKomplementêre kleureMaatskaplike verantwoordelikheidElon MuskEpilepsieRenosterDuitse maselsXHTMLShakaGianna MichaelsWitstinkhoutStadBalletNeurenberg-verhoreLionel PetersonMensBurgerregteDonderstormVigsOorDaggaKunselementeMiddeloorontstekingKalsiumGroot DepressieNiemetaalKoors🡆 More