Pieter Bleeker

Pieter Bleeker (10 Julie, 1819, Zaandam – 24 Januarie, 1878, Den Haag) was 'n Nederlandse dokter, igtioloog en herpetoloog.

Hy is ook bekend vir sy boek, Atlas Ichthyologique des Orientales Neerlandaises, sy groot werk oor visse in oos-Asië wat tussen 1862 en 1877 gepubliseer is.

Pieter Bleeker
Pieter Bleeker
Geboortenaam Pieter Bleeker
Gebore 10 Julie 1819
Zaandam
Oorlede 24 Januarie 1878 (op 58)
Den Haag, Nederland
Nasionaliteit Nederlands
Vakgebied igtiologie, medies, herpetologie
Instelling(s) Royal Dutch Academy of Sciences
National Museum of Natural History (Frankryk)
Royal Netherlands Institute of Southeast Asian and Caribbean Studies

Lewe en werk

Hy het gewerk as 'n mediese offisier in die Koninklike Nederlandese Oos-Indiese Leër van 1842 tot 1860 in Indonesië. Gedurende hierdie tyd het hy die meeste van sy igtiologie werk gedoen terwyl hy in die leër gewerk het. Hy het die meeste van sy spesies van die plaaslike vissers gekry maar het ook 'n groot netwerk van kontakte opgebou in verskeie staats buiteposte oor die eiland wat ook vir hom spesies verskaf het. Hy het oor die 12,000 spesies versamel waarvan die meeste tans in die Natural History Museum in Leiden is. Hy het ook met Auguste Duméril gekommunikeer in Parys. Sy werk oor igtiologie en tropiese medisyne is beloon met twee ere-doktorate deur Leiden Universiteit in 1846 en Utrecht Universiteit in 1849.

Nadat hy terug gekeer het na Nederland in 1860, het hy sy Atlas Ichthyologique des Indes Orientales Néerlandaises gepubliseer. Dit is 'n omvattende dokument oor studies in Indonesië gedoen met 1,500 illustrasies. Dit was gepubliseer in 36 volumes tussen 1862 tot en met sy dood in 1878 . Tussen 1977 en 1983 het die Smithsonian Instituut sy werk in 10 volumes herpubliseer.

Bleeker het meer as 500 papiere oor igtiologie gepubliseer waarin hy 511 nuwe genera en 1,925 spesies beskryf het.

Hy het ook werk gedoen in herpetologie; hy het onder andere 14 spesies van reptiele beskryf. die meeste van hulle beskryf in Reptilien van Agam.

In 1855 word hy 'n korrespondent van die Koninklike Nederlandse Akademie vir Kuns en Wetenskappe, departement Natuurkunde en in 1862 word hy 'n lid. In 1856 was hy verkies as die korrespondent vir die Muséum national d'histoire naturelle in Parys. In Januarie 1864 ontvang hy Franse ridderskap van die Légion d'honneur. Hy was president van die Koninklike Nederlandse Instituut van Suidoos Asië en Karibiese Studies.

Galery

Verwysings

Verdere naslaanwerk

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Pieter Bleeker Lewe en werkPieter Bleeker GaleryPieter Bleeker VerwysingsPieter Bleeker Verdere naslaanwerkPieter BleekerDen HaagHerpetologieIgtiologieNederlandVis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkoenlapperProvinsies van Suid-AfrikaLettergreepKinderregteEmily HobhouseMiddeloorontstekingKalenderWaterpokkiesSamestellingMenslike seksuele gedragSmaakGeurmiddelVerkleinwoordOntkiemingTegnologieAnglo-BoereoorlogSelfmoordNazi-DuitslandVergelykings (taalkunde)Deon MeyerKadmiumPerdDerrickMenslike penisgrootteAnneli van RooyenSuid-AfrikaVolhoubaarheidTropiese sikloonBoomKangaroeKaapstadPofadder (slang)Wes-KaapMaroela MediaLys van kleureMusieksimboleWikipediaLys van lande volgens bevolkingWallisRacheltjie de BeerSonsverduisteringWeer (meteorologie)VrymesselaryKoos BekkerParysSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Dulcie van den BerghGenesisKoöperasiestoriesGoeie VrydagMaagsweerBreinvliesontstekingErica BoyerBrandmondsindroomFilosofieLiefdeBateGoogleDuitslandLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Eekhoring2024 Australiese Grand PrixGetalEuropese Suidelike SterrewagEier (biologie)Belgiese gewesteEkologieBorsklierSean CombsJo BlackRoekelose Dade🡆 More