Vlag Van Uganda

Die nasionale vlag van Uganda is op 9 Oktober 1962 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon ses horisontale afwisselende bane in (van bo na onder) swart, geel, rooi, swart, geel en rooi met ’n wit skyf in die middel van die vlag waarop ’n mahem pryk.

Vlag van Uganda
Vlag van Uganda
Vlag van Uganda
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 9 Oktober 1962
Ontwerp ’n Horisontale driekleur met twee bane in elk van swart, geel en rooi met ’n wit skyf met ’n mahem daarin.

Simboliek

Die drie kleure verteenwoordig die mense van Uganda (swart) die sonskyn van Afrika (geel) en Afrikaanse broederskap (rooi, ook die kleur van bloed wat alle Afrikane verbind). Die kleure is afkomstig van die vlag van die Ugandese Volkskongres (UPC), ’n politieke party wat tussen 1960 en 1985 die belangrikste party in die land was. Dit is tans die grootste opposisieparty.

Ontwerp

Vlag Van Uganda 
Die Maleisiese vlag bo die kantoor van Toerisme Maleisië Trafalgarplein, Londen. Die vlag van Uganda is in die agtergrond bo Uganda-huis.

Die ses bane beslaan elk een sesde van die wydte van die vlag. Die deursnee van die skyf is kleiner as die wydte van twee bane, sodat die geel bane nie daaraan raak nie.

Geskiedenis

Die mahem (kraanvoël) is deur die Britte aan Uganda toegeken. Tydens die Britse bewind (vanaf 1914) is ’n blou Britse vaandel gebruik wat bestaan het uit ’n enkele blou baan met die Union Jack in die skildhoek en ’n mahem op ’n wit skyf op die wapperkant.

Kort voor die verkryging van onafhanklikheid het Uganda ’n nie-Britse vlag ingevoer. Onder die invloed van die Ugandese Demokratiese Party, onder leiding van Benedicto Kiwanuka, is in Maart 1962 ’n vertikaalgestreepte groen-geel-blou-geel-groen vlag met ’n geel mahem in die blou baan, in gebruik geneem. In April van dieselfde jaar het die UPC die verkiesing gewen en die nuwe leiers het besluit om vanaf die verkryging van onafhanklikheid op 9 Oktober 1962 ’n vlag in die partykleure (swart, geel en rooi) te gebruik. Dit het sedertdien in gebruik gebly, ook toe die UPC nie meer die dominante party was nie.

Die oorspronklike vlag, wat in 1962 gemaak is, is deur president Idi Amin na sy afsetting in 1979 saam met die oorspronklike wapenskild na Libië en later Saoedi-Arabië. Dit het daar soek geraak maar die Ugandese regering het die Saoediese regering versoek om te help om dit terug te kry.

Ander vlae

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) Uganda by Flags of the World.
  • (en) "Flag of Uganda". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Uganda SimboliekVlag Van Uganda OntwerpVlag Van Uganda GeskiedenisVlag Van Uganda Ander vlaeVlag Van Uganda VerwysingsVlag Van Uganda Eksterne skakelsVlag Van Uganda19629 OktoberMahemUganda

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LenteTierBywoordVisReddingskakeLys van Griekse mitologiese figureWerkloosheidCorioliskragGeelhoutAbstraksie (rekenaarwetenskap)Eben EtzebethWeer (meteorologie)Internet van DingeKalsiumStadOligopolieNatuurrampSpringbokkeHolocaustBreyten BreytenbachRina HugoMag (sosiale wetenskappe)VenusKwosiëntHector PietersonBeëdigde verklaringWiki CommonsAnale seksMarco PoloMaanSitrusAkwariumDeon GrootLemoenPeriodieke tabelGriepLien se lankstaanskoeneChromatografieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySatellietLionel PetersonHelpmekaar-kollegeBosluisbytkoorsCarike KeuzenkampSekondêre sektor van die ekonomieWeervoorspellingBlomSkooluniformNierversakingNiemetaalSeksuele stimulasieGeweldSlag van BloedrivierYsterHondsdolheidAlliterasieKunselementeVars waterMonumentSweedsSamestellingAfrikanernasionalismeAnilingusRymKolitisAspoestertjieApostoliese GeloofsbelydenisOman AirWiskundige terminologieAkademiaKoorsKrieketKarlien van JaarsveldSwartbewussynsbewegingGoogle🡆 More