Vlag Van Maleisië: Nasionale vlag

Die nasionale vlag van Maleisië is op 26 Mei 1950 amptelik in gebruik geneem.

Die vlag vertoon veertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met ’n goue 14-puntige ster en sekelmaan in die skildhoek.

Vlag van Maleisië
Vlag van Maleisië
Vlag van Maleisië
Bynaam (ms) Jalur Gemilang
(af) Bane van Glorie
Gebruik Nasionale vlag en Staatsvaandel Nasionale vlag en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 26 Mei 1950
Ontwerp Veertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met ’n goue ster en sekelmaan in die skildhoek.
Ontwerp deur Mohamed Hamzah

Simboliek

Die 14 bane van dieselfde hoogte stel die gelyke status van die 13 lidstate en die federale regering van Maleisië voor terwyl die 14 punte van die ster die eenheid tussen hierdie entiteite voorstel. Die ster staan bekend as die Bintang Persekutuan (Federale Ster). Die sekelmaan stel Islam voor, wat die amptelike geloof van die land is; die blou reghoek stel die eenheid van die Maleiers voor; die goue kleur van die ster en sekelmaan is die koninklike kleure van die Maleise regeerders.

Ontwerp

Die verhouding van die vlag is 1:2. Die sekelmaan se oop kan wys in die rigting van die wapperkant.

Vlag Van Maleisië: Simboliek, Ontwerp, Geskiedenis 
Konstruksietekening

Geskiedenis

Die vlag van Maleisië, wat vir die eerste keer op 16 September 1963 gehys is, het ontstaan uit die vlag van die Federasie van Malakka. Voor die skep van die nuwe vlag het elke deelstaat van Maleisië sy eie vlag gehad waarvan baie vandag nog onveranderd is.

Keuse van vlag

Toe die Federasie van Malakka die kortstondige Unie van Malakka vervang het, het die regering deur die Federale Wetgewende Raad ’n ontwerpkompetisie vir ’n nuwe vlag versoek. Drie vlae is aan die publiek voorgehou. Die eerste vlag het 11 sterre bevat met twee Maleise krisse (dolke) in die middel teen ’n blou agtergrond. Die tweede vlag was ’n “konsentriese sirkel van 11 sterre om gekruisde krisse op ’n blou baan.” Die derde het elf bane in rooi en wit afwisselend gehad met ’n geel sekelmaan en vyfpuntige ster op ’n blou agtergrond in die skildhoek. Die derde ontwerp – deur Mohamad Hamzah van die Departement van Openbare Werke – is as die wenner gekies deur middel van ’n meningspeiling in The Malay Mail. Omdat Malakka in die tyd van die Maleikrisis teen die kommuniste geveg het, het die vyfpuntige ster ’n te groot ooreenkoms met die kommunistiese simbool gehad. Die ster is gevolglik aangepas om nog ses punte by te kry.

Die Maleisiese vlag is op 19 Mei 1950 deur koning George VI goedgekeur en is vir die eerste keer op 26 Mei 1950 gehys voor Istana Selangor. Op 31 Augustus 1957 is dit met verkryging van onafhanklikheid op die Merdekaplein in die plek van die Britse Unievlag gehys.

Die ontwerper

Vlag Van Maleisië: Simboliek, Ontwerp, Geskiedenis 
Vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie

Die Maleisiese vlag is deur Mohamed Hamzah, ’n 29-jarige argitek wat vir die Departement van Openbare Werke in Johor Baharu, Johore gewerk het, ontwerp. Hy het in 1947 vir die vlagontwerpkompetisie ingeskryf met twee ontwerpe wat hy binne twee weke afgehandel het. Die eerste ontwerp was ’n groen vlag met ’n blou kris in die middel, omring deur 15 wit sterre. Die tweede ontwerp, wat onder die finaliste was, was soortgelyk aan die huidige vlag maar met ’n vyfpuntige ster. Dit ontleen ’n groot ontwerpelement (die horisontale bane) aan die vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie. Daar was 373 inskrywings vir die kompetisie en die algemene publiek kon via die pos vir hul gunsteling stem. Dato’ Onn Jaafar, ’n senior Maleisiese staatsman, het vir Hamzah ontmoet nadat hy die kompetisie gewen het en voorgestel dat die ster 11 punte het om al die Maleisiese deelstate te verteenwoordig.

Mohamad Hamzah is ’n paar ddae voor sy 75ste verjaardag oorlede in Jalan Stulang Baru, Kampung Melayu Majidee, Johor.

Wysigings

Vlag Van Maleisië: Simboliek, Ontwerp, Geskiedenis 
Die Maleisiese vlag bo die kantoor van Toerisme Maleisië Trafalgarplein, Londen. Die vlag van Uganda is op die agtergrond bo Uganda-huis.

Na die totstandkoming van Maleisië op 16 September 1963 is die ontwerp van die Maleisiese vlag gewysig om die nuwe deelstate in die federasie te reflekteer en eerbiedig.

Drie addisionele bane is tot die bestaande vlag toegevoeg en die ster is 14 punte gegee om die federasie se oorspronklike 11 deelstate in Maleisië plus Sabah, Sarawak en Singapoer te reflekteer; hierdie ontwerp het onveranderd gebly, selfs na Singapoer se uitsetting uit die federasie twee jaar later. Toe Kuala Lumpur op 1 Februarie 1974 as ’n federale territorium aangewys is, is die addisionele baan en punt van die ster toegewys om hierdie nuwe toevoeging tot die federasie te verteenwoordig. Uiteindelik, met die toevoeging van twee ander federale territoriums – Labuan in 1984 en Putrajaya in 2001 – is die veertiende baan en punt van die ster met die federale regering in die algemeen begin assosieer.

In 1997, toe die Maleiers genooi is om ’n naam aan die vlag te gee, het die Eerste Minister, Tun dr. Mahathir bin Mohammad die naam Jalur Gemilang gekies om die land se voorwaartse strewe na volgehoue groei en sukses te projekteer.

Teken van respek

Gedurende vieringe van Maleisië se Nasionale Dag word almal aangemoedig om die Jalur Gemilang aan huise, kantoorgeboue en korporatiewe persele te laat hang.

  • Indien die vlag tuis vertoon word, moet dit gehys word dat dit in die rigting van die pad wys.
  • Indien die vlag in ’n groep met deelstaats- en privaatmaatskappyvlae vertoon word, moet die Maleisiese vlag tussen twee vlae gehys word en die vlagpaal waaraan dit hang moet hoër wees as die ander.

Vlaglied

Die vlaglied is geskryf as toewyding en trots van die Maleisiese nasionale vlag. Dit word op 31 Augustus, Maleisië se onafhanklikheidsdag. opgevoer. Die oorspronklike lied Benderaku is geskryf deur Tony Fonseka, ’n Maleisiese liedjieskrywer. Nadat die vlag die naam Jalur Gemilang gekry het is die vlaglied in 1997 aangepas. Dit is gevolg deur ’n bekendstelling van ’n nuwe vlaglied met lirieke deur Siso Kopratasa en getoonset deur Pak Ngah.

Jalur Gemilang deur Tony Fonseka
    Jalur Gemilang yang gagah perkasa
    Merah putih kuning biru warnanya
    Berkibar megah penuh bercahaya
    Pusaka kita rakyat Malaysia
    Jalur Gemilang, oh benderaku
    Kupertahankan sepenuh ragaku
    Dikaulah lambang negara berpadu
    Di bawah naungan Duli Tuanku
    Berkibar terus oh benderaku
    Kaukan kujunjung sepanjang waktu
    Harumlah nama negara yang tercinta
    Padamu tempat taat dan setia
    Jalur Gemilang, bendera kita
    Kemegahan rakyat kita semua
    Berkibar berkibar di ruang angkasa
    Dirgahayu bendera tercinta!
Afrikaanse vertaling
    Die Magtige Bane van Glorie
    Rooi, Wit, Geel en Blou is die kleure
    Wapper hoog in die lug
    Die nalatenskap van elke Maleisiër
    O my vlag, Die Bane van Glorie
    Ek sal dit met alle mag verdedig
    Die Simbool van ’n verenigde volk
    Onder beskerming van Sy Koninklike Hoogheid
    Wapper hoog o my vlag
    Ek sal dit altyd hys
    Skitter omhoog, my geliefde volk
    Aan jou sweer ek volle trou
    Die Bane van Glorie, ons vlag
    Ons almal se trots
    Wapper, wapper hoog in die lug
    Lank lewe ons geliefde vlag!
Jalur Gemilang deur Pak Ngah & Siso Kopratasa
    Merahmu bara semangat waja
    Putihmu bersih budi pekerti
    Kuning berdaulat payung negara
    Biru perpaduan kami semua
    Puncak dunia telah kautawan
    Lautan luas telah kauredah
    Membawa semangat jiwa Merdeka
    Semarak jaya kami warganya
    Empat belas melintang jalurnya
    Semua negeri dalam Malaysia
    Satu suara satu semangat
    Itu sumpah warga berdaulat
    Jalur Gemilang di bawah naunganmu
    Jalur Gemilang kami semua bersatu
    Perpaduan ketaatan
    Amalan murni rakyat Malaysia
    Jalur Gemilang megah kami terasa
    Jalur Gemilang kibarkanlah wawasan
    Merah, putih, biru, kuning
    Jalur semangat kami semua
    (2x)
    Berkibarlah!, berkibarlah!, berkibarlah!,
    Jalur Gemilang!
Afrikaanse Vertaling
    Jou rooi verteenwoordig ysere wil
    Jou wit verteenwoordig skoon en vriendelike karakter
    Geen van die Soewereine, die land se beskermer
    Blou vir ons almal in eenheid
    Jy het die hoogtes van die wêreld bereik
    Jy het die wye waters deurreis
    Die gees van onafhanklikheid gedra
    Ons is lede van sy suksesvolle wil
    Veertien bane dwars
    Vir elk van die state van Maleisië
    Een stem, een gees
    So sweer sy soewereine burgers plegtig
    Bane van Glorie, onder jou sorg
    Bane van Glorie, word ons verenig
    Eenheid en lojaliteit
    Is die edele waardes van die Maleisiese volk
    Bane van Glorie, hoe trots is ons nie
    Bane van Glorie, verkondig ons visie
    Rooi, wit, blou, geel
    Is die bane van ons voorneme
    (2x)
    Fladder-aan, fladder-aan, fladder-aan
    Bane van Glorie!

Ander vlae

Staatsvaartuie gebruik die Jalur Gemilang as die staatsvaandel. Die ander vaandels wat in Maleisië gebruik word, word hieronder weergegee.

Federale Ster

Die Federale Ster wat soortgelyk in konsep is aan Australië se Gemenebesster, stel die noue federasie van die deelstate van Maleisië en die federale regering voor. Dit word gebruik op die rondeel van die Koninklike Maleisiese Lugmag, die vlag van die Maleis-Sjinese Vereniging en die logo van die voormalige Verenigde Maleisiese Bankwesekorporasie.

Soortgelyke vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vlag Van Maleisië SimboliekVlag Van Maleisië OntwerpVlag Van Maleisië GeskiedenisVlag Van Maleisië Teken van respekVlag Van Maleisië VlagliedVlag Van Maleisië Ander vlaeVlag Van Maleisië VerwysingsVlag Van Maleisië Eksterne skakelsVlag Van Maleisië195026 MeiMaleisië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Leonardo da VinciFotoMahatma GandhiToerismeKurt-Lee ArendseDelft, KaapstadNaaldekokerReënSinoniemWatersuiweringBeeldspraakHeks van HexrivierGeldNic de JagerKlereSoogdierVolhoubare ontwikkelingChromatografieKookpuntVrystaatVoornaamwoordSlag van BloedrivierLika BerningLionel PetersonRefleksieBerghaanStudievaardighedePlantErosietipesMidde-OosteOm-te-infinitiefkonstruksieKaapstadse waterkrisis 2015-2018SpysverteringstelselEiffeltoringJaco JacobsHoofkarakterBesnydenisKunsSlawernySwart nasionalismeKaapstadMensLys van Suid-Afrikaanse musikantePenisSendelingposisieGeskiedenis van Suid-AfrikaVerstedelikingAfrikaansAborsieBrandmondsindroomLien se lankstaanskoeneMangelontstekingHeelgetalHannes van WykReënspinnekopAntoniemSirkusPlaattektoniekGrondsoorteBorsJan van RiebeeckAfrikaanse WikipediaIndiëPretoriaKrokodilKrimpvarkieDramaLübeckPaasfeesDigvormGalileo GalileiPriemgetalMilitêre diensplig in Suid-AfrikaVarkSpringbokkeSkarlakenkoorsAkroniemFiela se kind🡆 More