Mahem: Voëlspesies in die kraanvoëlfamilie Gruidae

Die mahem (Balearica regulorum) is 'n redelik algemene standvoël.

Hierdie spesie is die enigste kraanvoëls wat in bome kan broei, want hulle kan met die agterste toon om takke vasklou. Om hierdie rede, en 'n paar ander, word geglo dat hierdie relatiewe klein Balearica-kraanvoël die verteenwoordigers is van hulle Gruidae-voorouers.

Mahem
Mahem: Identifikasie, Habitat, Verspreiding
CITES Appendix II (CITES)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. regulorum
Binomiale naam
Balearica regulorum
Bennett, 1834
Mahem: Identifikasie, Habitat, Verspreiding
'n Mahem-kraanvoël.

Identifikasie

Die mahem is 116 cm hoog en weeg 3,5 kg. Die lyfvere is hoofsaaklik grys. Die vlerke is ook oorwegend wit, maar bevat ook vere met 'n verskeidenheid kleure. Die kop het 'n kroon van stywe goudkleurige vere. Die wange is wit en dit het 'n helderrooi opblaasbare keelsak. Die bek is relatief kort en die bene swart. Die geslagte lyk eenders, hoewel sommige mannetjies effens groter as ander is. Jonges lyk bruiner en hul kuiwe en lelle is swakker ontwikkel.

Die mahem se hofmakery in die broeiseisoen bestaan uit danse, spronge en 'n gebuig, terwyl hy die rooi keelsak opblaas en 'n harde geroep laat hoor. Dit maak ook 'n geluid wat baie verskil van die trompetter van ander kraanvoëlspesies.

Habitat

Mahem: Identifikasie, Habitat, Verspreiding 
Balearica regulorum gibbericeps

Hulle hou in swerms op grasveld, landerye en naby vleie en soortgelyke gebiede in hoogliggende streke asook langs die kus. Hul oornag op eilande langs die kus, in rietplate by riviermondings en in bome. Swerf rond wanneer hulle nie nes maak nie. Soos alle kraanvoëls vreet hulle insekte, klein reptiele en ander kleinerige diere.

Die nes bestaan uit 'n platform van gras en ander plantmateriaal in hoë vleiland plantegroei. Die mahem lê 2 tot 5 eiers en albei geslagte maak beurte om dit uit te broei. Die proses duur tussen 28 en 31 dae, en die kleintjies verlaat die nes binne 56 tot 100 dae.

Hoewel die mahem steeds algemeen voorkom in baie van sy gebiede, staar dit bedreiging in die gesig, as gevolg van die uitwissing van sy habitat deur die dreinering en oorbeweiding, asook gifbesoedeling.

Verspreiding

Die mahem kom voor in die droë savanne-streke in Afrika, suid van die Sahara, hoewel hulle broei in ietwat natter habitats.

Daar is twee subspesies. Die Oos-Afrikaanse B. r. gibbericeps kom voor in 'n gebied wat strek vanaf die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo deur Uganda en Kenia na die oostelike deel van Suid-Afrika. Dit het 'n groter kaal, rooi gesigvel bokant die wit kol op die wang as die ander, B. r. regulorum , wat vanaf die suide van Angola tot in Suid-Afrika voorkom. Die mahem is die nasionale voël van Uganda en word op hulle nasionale vlag uitgebeeld.

Geluid

Sy tweenoot-getrompetter klink soos "ma-hem", vandaar sy naam.

Ander name

  • Engelse naam: "Grey-Crowned Crane"
  • Wetenskaplike naam: Balearica regulorum

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Mahem IdentifikasieMahem HabitatMahem VerspreidingMahem GeluidMahem Ander nameMahem Sien ookMahem BronnelysMahem VerwysingsMahem Eksterne skakelsMahem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Labia (geslagsdele)TreinInsekGeelhoutOnderhandelinge om apartheid te beëindigWithaaiHerfsSelfvertroue7de LaanAbsolute monargieCorioliskragWoordsoortSoweto-opstandGreen PornoVervoerLys van kinderspeletjiesKaapstadLimfvatstelselCovid-19-pandemieKarakteriseringSokkerKoperGeloftedagProstaatkankerWapen van Suid-AfrikaAardverwarmingResensieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMondVolstruisAfrikaanse taalleerProteaKlimaatArmoedeDramaDie Laaste Avondmaal (Leonardo)JodeGrondNelson MandelaHemelvaartsdagBurgerregteDomineeNederlandsBateKriekAustraliëItaliëSeekoeiMalariaBruin menseKrokodilLiefdeKoue OorlogSebraSoortnaamBoomslangWatersuiweringTandbederfSuid-Afrikaanse GrensoorlogWolfOos-KaapDonkieRuslandJeuksiekteKaapstadse waterkrisis 2015-2018BloeddrukKultuurNasionale PartyVingerseksOnderwysSatellietNedersettingFilistyne🡆 More