Tweebalk-Humbug

Die Tweebalk-humbug (Dascyllus carneus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan en die Rooisee; meer spesifiek die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal.

In Engels staan die vis bekend as die Twobar humbug.

Tweebalk-humbug
Tweebalk-Humbug
Tweebalk-Humbug
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Dascyllus
Spesie:
D. carneus
Binomiale naam
Dascyllus carneus
Fischer, 1885

Identifikasie

Die vis word tot 7cm lank. Die vis se lyf wit tot bleek met 'n vertikale streep by die pektoralevin se basis en 'n tweede op die agterkant van die lyf. Die middelpunte van die skubbe is gemerk met kort, blou strepies en die dorsale- en analevinne se rante is blou. Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 35m diep is. Hulle vang soöplankton bokant die rif.

Die visse leef in klein groepies bokant die koraaltakke en vlug na hul skuilings wanneer hulle bedreig voel.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

Tags:

Tweebalk-Humbug IdentifikasieTweebalk-Humbug Sien ookTweebalk-Humbug BronTweebalk-Humbug Eksterne skakelTweebalk-Humbug VerwysingsTweebalk-Humbug

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkersdagMartin Luther King jr.CremonaKlimaatPaasfeesGemeenskapsorganisasieHindoeïsmeVulkanismeOrgasmeXhosaPoësiePseudowetenskapSonkragWiskundeWikimedia-stigtingNierRookgewoonteGrondVleilandVerenigde KoninkrykLiewe HeksieHokkieJohn Samuel SchlesingerLongontstekingKolonialismeShakaSuid-EuropaPersoonlikheidMusieksimboleGrondwet van Suid-AfrikaNelson MandelaAB de VilliersBetonSteve BikoOorstromingSwemTrevor NasserMaroela MediaVoedselkettingOlimpiese SpeleGewone breukeVisNG gemeente TheunissenKameelperdDie GelofteVoegwoordStedelike gebiedVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameXHTMLInflasieOopbroninhoudErosietipesWaarheid-en-versoeningskommissieLionel MessiSias ReineckeFinale OplossingInligtingAnneli van RooyenMenslike seksuele gedragHoedDoziLys van bekende Suid-AfrikanersKlinkerSelfbeeldCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaViëtnamoorlogDolfynLandbouSokkerMoedersdagRekenaarBosluisbytkoorsIdioomSteve HofmeyrOntdekking van die chemiese elemente🡆 More