Trias

Die Trias is die eerste geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Paleosoïese Era, die Perm, sowat 250 miljoen jaar gelede tot die begin van die Jura sowat 200 miljoen jaar gelede.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Jura Vroeg Hettangium jonger
Trias Laat Rhaetium 201,3–208,5
Norium 208,5–~228
Karnium ~228–~235
Middel Ladinium ~235–~242
Anisium ~242–247,2
Vroeg Olenekium 247,2–251,2
Indusium 251,2–252,2
Perm Lopingium Changhsingium ouer
Die verdeling van die Trias (IKS).

Dit is ook die eerste chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.

Beide die begin en einde van dié periode word gekenmerk deur groot uitwissings. Die Trias is in 1834 so genoem deur Friedrich von Alberti, na aanleiding van die drie duidelik onderskeibare rotslae wat dwarsdeur Duitsland en Noordwes-Europa voorkom – rooi sandsteen, kalksteen en moddersteen, wat die "Trias" genoem word.

Die Trias het begin net ná die Perm-Trias-uitwissing, wat die Aarde se biosfeer uitgeput gelaat het; dit sou tot omtrent die helfte van die periode duur om die vorige diversiteit te herstel. Therapsida en Archosauria was die twee belangrikste gewerweldes in dié tyd. ’n Subgroep van die Archosauria, die dinosourusse, het in die Laat Trias vir die eerste keer hul verskyning gemaak, maar het nie oorheers tot die daaropvolgende Jurassiese Periode nie. Die eerste ware soogdiere, ’n subgroep van die Therapsida, het ook in dié periode ontwikkel, asook die eerste vlieënde gewerweldes, die pterosourusse, wat nes die dinosourusse ’n subgroep van die Archosauria was. Die groot kontinent Pangaea het tot in die middel van die Trias bestaan, waarna dit in twee landmassas verdeel het, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide.

Die klimaat in die Trias was hoofsaaklik warm en droog, met woestyne oor ’n groot deel van Pangaea. Die klimaat het egter vogtiger geraak namate Pangaea uiteengedryf het. Die einde van die periode word weer eens gekenmerk deur ’n groot katastrofe, die Trias-Jura-uitwissing, waarin baie groepe uitgewis is. Hierna kon die dinosourusse die Jura-periode oorheers.

Verwysings

Eksterne skakels

Proterosoïkum Fanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum   Paleosoïese Era Mesosoïese Era Kainosoïese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwartêr

Tags:

ErateemGeologieJuraMesosoïkumPaleosoïkumPeriode (geologie)Perm (geologie)Sisteem (stratigrafie)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JansenvilleBosbokBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Liewe HeksieOm-te-infinitiefkonstruksieGrondFinale OplossingErfenishulpbronNedersettingMandalaVoortrekkermonumentTelevisieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSelfstandige naamwoordGeskiedenis van kindermishandelingVulkanismeMahatma GandhiMaroela MediaBeesMuskietWisselkoersHartversakingSwart nasionalismeMenseregteKrugerwildtuinChromatografieLeonardo da VinciGeletterdheidHartaanvalAnrich HerbstAfrikaansCarike KeuzenkampKlimaatBywoordHoofletterIndustriële RevolusieBloutongsiekteTwaalf Stamme van IsraelLys van Suid-Afrikaanse skrywersKatjieKolitisMierTweede WêreldoorlogMuishondDaggaGoudWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSprokiePikkewynLionel PetersonPlae van EgipteMondGoudkus (streek)SeksismeKonsentrasiekampSosiale mediaSwart menseTienerGeslagWoordeboek van die Afrikaanse TaalFrankrykBraaiLeierBeëdigde verklaringLewerDelft, KaapstadHoofpynTrigeminale neuralgieVerkoueNadia ValvekensIronieArmoedePlaattektoniekSkoenlapper🡆 More