Malawi Tonga

Die Tonga (ook Batonga genoem) is ’n etniese groep van Noord-Malawi.

    Moenie verwar word met die etniese groep in Zambië en Zimbabwe wat ook die Tonga genoem word, maar 'n heeltemal ander taal in die Batoetaalfamilie praat nie.

’n Groep wat ook die Tonga genoem word, word in Zambië, Zimbabwe en in ’n mindere mate Mosambiek aangetref, maar hulle praat 'n heeltemal ander taal in die Bantoetaalfamilie.

Geskiedenis

Volgens oorlewering kom die Malawiese Tonga uit die noorde, miskien van Maravi-volke of die Tumbuka. Tot met die koms van die Ngoni in 1855 was hulle ’n matrilineêre stam sonder ’n sentrale regering.

Nadat die Ngoni hulle verslaan het, het ouer lede van die stam agtergebly terwyl jonger lede in die Ngoni-leërs opgeneem is. In 1876 het die Tonga teen die Ngoni in opstand gekom en die daaropvolgende stryd verloor. Oorlewendes het in dorpies aan die Malawimeer bly woon. In 1993 was daar sowat ’n kwartmiljoen Tongas.

Lewenstyl

Die Tongas was hoofsaaklik ’n vissersvolk met kassawe as stapelvoedsel. Danksy opvoeding deur sendelinge kon hulle in koloniale tye hoër lone verdien deur geskoolde en halfgeskoolde arbeid te verrig.

Die lede van die Tonga-stam het lobola in die vorm van geld betaal. Wanneer ’n vrou of kind siek geword het, kon nog geld van die man se familie geëis word. Mans mag nie van hul vrou geskei het sonder ’n openbare verhoor nie, maar sy en haar familie kon hom sonder enige formaliteit verwerp – tensy hy uit ’n ryk of magtige familie gekom het.

Taal

Sowat 170 000 Malawiërs praat Chitonga. Die Tonga wat in Zambië gepraat word, is ook ’n Bantoetaal, maar behoort tot ’n ander groep.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Malawi Tonga GeskiedenisMalawi Tonga LewenstylMalawi Tonga TaalMalawi Tonga VerwysingsMalawi Tonga Eksterne skakelsMalawi TongaMalawiMosambiekZambiëZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkleinwoordLetterkundeNoord-KaapPussy RiotPaddaAustraliëGewone breukeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Griekse mitologiese figureSitroensuurWêrelderfenisgebiedDikdermMoordvisOplossing (chemie)HoofpynBernice WestPriemgetalOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGoudErosieSpinnekopEreksieKultuurHuisvliegTradisionele literatuurEendErosietipesSnaarinstrumentWaarheid-en-versoeningskommissieErfenisdag (Suid-Afrika)RuslandOlimpiese Somerspele 2024SilwerLeer (stof)PlastiekDemi Lee MooreBraaiAnneli van RooyenSowjetuniePuberteitSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KontinentRooikatGasSteenkool in Suid-AfrikaPneumatikaSeismologieNylsvley-natuurreservaatGroot-Brakrivier (dorp)Veelvuldige skleroseSeksueel oordraagbare infeksieSoweto-opstandSeksOmtrek, oppervlakte en volumeOlifantTekstielVerdampingWerkloosheidTikTokInsekRomeinse syfersDepressie (gemoedstoestand)Lys van Afrikaanse televisiereekseWerkersdagEiffeltoringLewerKunsmatige algemene intelligensieGoogle MapsFiela se kindBynierOnderwerp (taalkunde)DigvormSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeelsugSeekatLangste woord🡆 More