Tiaré Tahiti

Tiaré tahiti of Gardenia taitensis (ook die Tahitiaanse Gardenia genoem) is ’n plantspesie in die Rubiaceae-familie.

Dit is ’n immergroen tropiese struik wat tot 4 meter hoog word en het blink, donkergroen blare van 5–16 cm lank.

Tiaré tahiti
Tiaré Tahiti
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. taitensis
Binomiale naam
Gardenia taitensis
Augustinus Pyramus de Candolle

Die blom is roomwit, geurig en windmeultjievormig met vyf tot nege lobbe (elke lob is 2–4 cm lank). Dit is inheems aan die suidelike Stille Oseaan, en is een van die min kultuurplante wat inheems aan Polinesië is. Dit is die nasionale blom van Frans-Polinesië en die Cookeilande.

Die blom se name is effens misleidend omdat dit nie inheems aan Tahiti is nie. Die wetenskaplike naam is geskoei op voorbeelde wat die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville in 1824 uit Tahiti gebring het. Die plant het sy oorsprong in Wes-Polinesië en is deur vroeë setlaars na Frans-Polinesië gebring.

Sinonieme

  • Gardenia weissichii
  • Gardenia tahitensis
  • Randia tahitensis

Gebruike

Tiaré Tahiti 
Van die blom word Monoi-olie, ’n parfuumolie, gemaak deur dit in klapperolie te laat lê.
  • Die Polinesiërs gebruik dit om blomhalssnoere te maak wat ei (Cookeilande), Hei (Tahiti) of Lei (Hawaii) genoem word.
  • Daar word geglo die plant het medisinale eienskappe en dit word vir verskeie kwale gebruik. In Samoa word inflammasie byvoorbeeld met dele van die plant behandel.
  • Die blomme word in klapperolie laat lê om Monoi-olie te maak.
  • Parfuum word ook soms gemaak, maar die hoë vervaardigingskoste maak dit nie kostedoeltreffend vir algemene handel nie. ’n Uitsondering is Tiare deur Ormonde Jayne, wat in 2009 bekendgestel is, en Tiare deur Chantecaille.
  • Tiaré word in sekere vel- en haarsorgmiddels gebruik.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Tiaré Tahiti SinoniemeTiaré Tahiti GebruikeTiaré Tahiti GaleryTiaré Tahiti VerwysingsTiaré Tahiti Eksterne skakelsTiaré Tahiti

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GuineePtolemeusLeah van NiekerkWestdenedam-rampMaroela MediaSonnestelselAarverkalkingAfrikaBelarusTandbederfNederlandse WikipediaSloweniëElim, LimpopoRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Klem-in-die-kaakKhanyi MbauSelfoonDuitsersHipertensieMenseregtedagBorsjtBoomVerenigde State van AmerikaBatik AirMinerva309 v.C.Rob HersovColombiaRugbywêreldbeker 2003Tale in Suid-AfrikaLiewe HeksiePalmagtigeGeloftedagLos AngelesVermaakBlaaskankerGabriëlBosnië-HerzegowinaEreksieAardeKettinglynRieldansNAVOAllergieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHentaiAndré P. BrinkProxima Centauri bTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinNorwichHartaanvalOrgasmeEngelse nasionale sokkerspanBloemhofdamAfrikaanse taalleerAardbewingTuvaluBloublasieSendelingposisieHartPous Stefanus IIIAnrich HerbstPikkewynSwahiliMiddelmisbruikGroenlandsGriepIan GoodfellowOntkiemingVrymesselaryUniversiteit van die WitwatersrandAfkortingMuishondShaivisme🡆 More