Cookeilande

Die Cookeilande (Engels: Cook Islands, luister (hulp·inligting); Cookeilandse Māori: Kūki 'Āirani) is 'n groep van 15 eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië.

Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 55 lande erken. Die eilande is na James Cook genoem, maar hulle oorweeg tans 'n naamsverandering om die Polinesiese erfenis te weerspieël.

Cookeilande
Cook Islands (Engels)
Kūki 'Āirani (Cookeilandse Māori)
Vlag van die Cookeilande Wapen van die Cookeilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Te Atua Mou E
(Cookeilandse Māori vir: "God is die waarheid")
Volkslied: Te Atua Mou E
(Cookeilandse Māori vir: "God is die waarheid")
Ligging van die Cookeilande
Hoofstad Avarua

21°12′S 159°46′W / 21.200°S 159.767°W / -21.200; -159.767

Grootste stad Avarua
Amptelike tale Engels en Cookeilandse Māori
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste Minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Sir Tom Marsters
Mark Brown
Onafhanklikheid
Geassosieerde staat
• Selfregering
in vrye assosiasie
met Nieu-Seeland
VN-erkenning
van onafhanklikheid in
buitelandse betrekkinge

Koninkryk van Nieu-Seeland


4 Augustus 1965


1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
236,7 km2  (210de)
91,4 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
17 518 (213de)
17 459
42 / km2 (138ste)
108,8 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$384 miljoen
$21 994

Geldeenheid Nieu-Seelandse dollar
Cookeilandse dollar (NZD/CKD)
Tydsone
 - Somertyd
CKT (UTC-10)
nie toegepas nie (UTC-10)
Internet-TLD .ck
Skakelkode +682
Cookeilande
Kaart van die Cookeilande

Die 15 klein eilandjies beslaan 'n totale oppervlakte van 236,7 vierkante kilometer en het 'n bevolking van 17 518 in 2018 gehad. Die Cookeilande is in die weste van Frans-Polinesië, in die suide van Kiribati, in die ooste van Tokelau, Amerikaans-Samoa, Niue en Tonga en in die noordooste van Nieu-Seeland geleë. Die gebied se hoofstad en grootste stad Avarua is op die grootste eiland, Rarotonga, geleë.

Geografie

Cookeilande 
Kaart van die Cookeilande

Die Cookeilande bestaan uit 15 eilande:

Groep Eiland Oppervlakte
(km²)
Bevolking 2011
Noordelike Penrhyn 10 213
Noordelike Rakahanga 4 77
Noordelike Manihiki 5 238
Noordelike Pukapuka 1 451
Noordelike Tema Reef (onderwater) 0 0
Noordelike Nassau 1 73
Noordelike Suwarrow 0 2
Suidelike Palmerston 2 60
Suidelike Aitutaki 18 1 771
Suidelike Manuae 6 0
Suidelike Takutea 1 0
Suidelike Mitiaro 22 189
Suidelike Atiu 27 468
Suidelike Mauke 18 300
Suidelike Winslow Reef (onderwater) 0 0
Suidelike Rarotonga 67 10 572
Suidelike Mangaia 52 562
Totaal Totaal 237 14 976

Politiek

Internasionale erkenning

Cookeilande 
Buitelandse betrekkinge van die Cookeilande:

   Cookeilande

   Lande wat diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande handhaaf

   Lande wat konsulêre verhoudings met die Cookeilande handhaaf

Die volgende lande het formele diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande gevestig.

Oseanië (15 lande)


Asië (14 lande)


Afrika (1 land)


Europa (18 lande)


Amerikas (6 lande)

Sport

Cookeilande 
Die Cookeilande se haka voor die wedstryd teen Niue, 2015

Rugby League is die gewildste sportsoort op die Cookeilande en word as nasionale sport beskou. Rugby, sokker en die vroue se netbal is ook gewild.

Rugby is deur Nieu-Seelanders na die Cookeilande gebring en was, soos op die meeste eilandstate van die Stille Oseaan, vanaf die begin van die 20ste eeu die gewildste sportsoort op die Cookeilande. Die nasionale span spel egter net teen "kleiner" nasionale spanne en het tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie.

Rugby League het rugby as gewildste sportsoort oorvleuel en word as die eilandstaat se nasionale sport beskou. Die nasionale span het tot dusver aan drie rugbyleaguewêreldbekertoernooie deelgeneem (in 2000, 2013 en 2021).

Sokker word op die Cookeilande ook beoefen en die nasionale span kom veral teen ander kleiner eilandstate van die Stille Oseaan te staan. Hulle het nog nie vir 'n Sokker-Wêreldbeker gekwalifiseer nie. Hulle het aan twee Oseanië-sokkerkampioenskappe deelgeneem (in 1998 en 2000).

Soos in ander lande van die Britse Statebond is netbal gewild en die nasionale span het aan ses netbalwêreldbekertoernooie deelgeneem. Tydens die Pasifiese spele het hulle twee goue medaljes (in 1966 en 1991) ingepalm en tydens die Mini-Pasifiese spele vyf goue medaljes (in 1981, 1985, 1989, 1993 en 1997).

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op die Cookeilande 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen.

Beelde

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels


Cookeilande  Koninkryk van Nieu-Seeland (Realm of New Zealand) Cookeilande 
CookeilandeNieu-SeelandNiueRoss-AfhanklikheidTokelau

Tags:

Cookeilande GeografieCookeilande PolitiekCookeilande SportCookeilande BeeldeCookeilande VerwysingsCookeilande BronnelysCookeilande Eksterne skakelsCookeilandeCookeilandse MāoriEilandEilandstaatEn-us-Cook Islands.oggEngelsJames CookLêer:En-us-Cook Islands.oggNieu-SeelandPolinesiëStille OseaanWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YsterAfrikanersEkotoerismeGesondheidBurgerregteVormHarry PotterSkilpadKaliumHerfsOogDistillasieVulvaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024EjakulasieGasSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van bekende Suid-AfrikanersKinkhoesSkooluniformDigvormSirkelGeskiedenis van Suid-AfrikaTennisKriekWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGregoriaanse kalenderRekenaarFossielbrandstofAtoomMisdaadromanLyfstraf in skolePersInsekKoperAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDansJacques LootsAarverkalkingGroepsdrukKaapstadse waterkrisis 2015-2018EnsiklopediePornografieVolhoubare ontwikkelingMenslike seksuele gedragKolitisStadEeuBloedsomloopstelselSarel Jacob PretoriusKarlien van JaarsveldLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWaterbesparing in Suid-AfrikaWerkwoordTrekarbeidChristiaan BarnardKoolstofdioksiedAtlantis, Wes-KaapSelfmoordElon MuskDramaFabelVerkoueReg tot ‘n gesonde omgewingLys van landeLys van Suid-Afrikaanse skrywersCorioliskragKoorsblaarNasionale VrouedagLettergreepMaroela MediaJakkalsDemokratiese Republiek die KongoKasteel die Goeie HoopBelastingWaterpokkiesInligting🡆 More