Sutton Hoo

Sutton Hoo is 'n beduidende argeologiese opgrawingsplek naby Woodbridge in die Engelse graafskap Suffolk.

Sutton Hoo
Die gerekonstrueerde helm van 'n 7de eeuse Angel-Saksiese heerser
Sutton Hoo
Die gerekonstrueerde grafkamer van die Angel-Saksiese skeepsgraf

In 1939 het die plaaslike argeoloog Basil Brown hier langs die oewer van die Deben-rivier Angel-Saksiese twee begraafplase uit die 6de en vroeë 7de eeu ontdek waarvan een die skeepsgraf van 'n heerser (warlord) bevat het wat blykbaar nie deur grafrowers verstoor is nie. Die graf was gevul met 'n verskeidenheid unieke Angel-Saksiese kunsskatte van besondere kunshistoriese en argeologiese belang, met Ierse, Skandinawiese, Merowingiese en Oos-Mediterreense invloede, wat tans in die Britse Museum te Londen vertoon word.

Sutton Hoo is tans in besit van die National Trust. Die terrein, waar sommige van die oorspronklike grafheuwels herstel is, staan oop vir die publiek en word deur twee rondpaaie vir besoekers ontsluit. Naby die ingang is 'n museum opgerig waar 'n model van die koningsgraf vertoon word, net soos namaaksels van die argeologiese vondste van 1939, insluitende die befaamde goudhelm.

Tags:

EngelandGraafskappe van EngelandSuffolk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandsPinksterItaliëKoekie (rekenaarwetenskap)Stedelike hitte-eiland2001AkkedisSwaziUniversiteit StellenboschSwartkwasmuishondBokmakierieSpysverteringstelselVagina0 (getal)Swart nasionalismeLangste woordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAustraliëKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBywoordSlawernyLionel MessiSuid-Afrikaanse GrensoorlogNarsisme15 FebruarieAnneli van RooyenBesoedelingProvinsies van Suid-AfrikaOopbroninhoudBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021Galileo GalileiNag van die lang messeMondVierkantswortelAnne FrankWebwerfVaginale kankerTweede VryheidsoorlogBrandGriekse teaterMelaatsheidWaterbesparing in Suid-AfrikaLugbesoedelingKleurBruin huisslangTafelbergErtjiePaarl GimnasiumMeningsverskil oor aardverwarmingHondsdolheidPaddaLewerMenstruasieWiskundeGeelhoutEierstokJan BlohmBeurtkragMurraysburgMikroskoopJacques LootsOorkruipersRatel26 AprilMacintoshMalariaDermpoliepFort BeaufortKoorsAndré SchwartzTsongaBloedsomloopstelselGasGewone luislangKasteel die Goeie HoopEgipte🡆 More