Suider-Afrikaanse Doeane-Unie

Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, kort SADU (Engels: Southern African Customs Union, SACU), is 'n doeane-unie tussen die Suider-Afrikaanse lande Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en eSwatini.

Dit is in 1910 gestig en die hoofkantoor is in die Namibiese hoofstad Windhoek geleë. Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se amptelike taal is Engels.

Suider-Afrikaanse Doeane-Unie
Lidlande van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie
'n Euler-diagram van Afrika se interregeringsorganisasies

Geskiedenis

Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie is die wêreld se oudste doeane-unie wat nog bestaan. Dit is in 1910 deur 'n doeane-unie-ooreenkoms tussen die destydse Unie van Suid-Afrika asook die Hoëkommissarisgebiede Brits-Betsjoeanaland, Basoetoland en Swaziland opgerig. Nadat hierdie gebiede hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk bereik het, is die ooreenkoms hersien en, op 11 Desember 1969, met die ondertekening deur Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Swaziland as die SADU herbekendgestel. Die hersiende doeane-unie het amptelik op 1 Maart 1970 in werking getree. Na Namibië se onafhanklikheid van Suid-Afrika in 1990, het dié land die vyfde lidland van die SADU geword. Histories is die SADU met die ooreenkomste van 1910 en 1969 deur Suid-Afrika geadministreer. Die doeane-unie het pligte op plaaslike produksie en doeaneregte ingesamel op lede se invoere van buite die SADU.

Terwyl die Suider-Afrikaanse Doeane-unie op 1 Julie 2006 'n vryhandelsooreenkoms met die Europese Vryhandelsvereniging onderteken het, is die onderhandelinge met die Verenigde State gestaak (soos op 8 Januarie 2008).

Lidlande

Lidlande volgens oppervlakte en bevolking
Land Oppervlakte

(km²)

Bevolking
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie  Botswana 582 000 2 024 904
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie  Eswatini 17 363 844 223
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie  Lesotho 30 355 1 741 406
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie  Namibië 824 268 2 104 900
Suider-Afrikaanse Doeane-Unie  Suid-Afrika 1 221 037 56 000 000

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suider-Afrikaanse Doeane-Unie GeskiedenisSuider-Afrikaanse Doeane-Unie LidlandeSuider-Afrikaanse Doeane-Unie Sien ookSuider-Afrikaanse Doeane-Unie VerwysingsSuider-Afrikaanse Doeane-Unie Eksterne skakelsSuider-Afrikaanse Doeane-UnieAmptelike taalBotswanaESwatiniEngelsLesothoNamibiëSuid-AfrikaSuider-AfrikaWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InflasieGewone luislangRooms-Katolieke KerkMusieksimboleImpakte van toerismeAarverkalkingWiskundige terminologieRuan PienaarWeer (meteorologie)Bernice WestWolkVaginale kankerSkarlakenkoorsPeriodieke tabelKarooSeekoeiXHTMLMaagSteenkool in Suid-AfrikaBTWMadison IvyJohannesburgDuitse maselsAnale seksGoogle TranslateWalvisNederlandsVoedselkettingCremonaDialoog in fiksiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBevolkingBerilliumDesmond TutuYsterSeksismeDeelwoordPerdKaartTremKlem-in-die-kaakIsraelLidwoordNiersteenXenofobieMateriaalBloeddrukStam (taalkunde)BiodiversiteitNiemetaalMiltKamoefleringHomofoonNazi-DuitslandProstaatkankerNasionalismeBalletVaste stofVaginaInleiding tot die genetikaMorfeemKappie (skryfteken)Samestellende afleidingHannes van WykSebraMenslike skeletSleutel (musiek)RuslandKommaConsolidated B-24 LiberatorLyfstraf in skoleByvoeglike naamwoordLiefdeKrugerwildtuinVerkoueKatherine Johnson🡆 More