Die breëbek (Smithornis capensis) is 'n skaars tot gelokaliseerde standvoël wat in laaglande, oewer- en sandwoude voorkom.
In Engels staan die voël as die African Broadbill bekend.
Breëbek | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Eurylaimidae |
Genus: | Smithornis |
Spesie: | S. capensis |
Binomiale naam | |
Smithornis capensis (A. Smith, 1839) |
Die voël is 12 tot 14 cm lank en weeg 20 tot 25 gram. Dit is 'n onopvallende voël met 'n dig gestreepte borskant. Die mannetjie se kop en kroon is swarter as die wyfie s'n. Die jong voëltjie is dofgeel en die rug is minder gestreep.
Hulle leef een-een of in pare saam. Die voël word maklik misgekyk as hy nie roep nie.
Hierdie spesie kom wydverspreid in Afrika voor en het 9 subspesies:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Breëbek, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.