Seweweekspoort

Seweweekspoort lê op die R323-streeksroete, ’n verbindingspad tussen die N1 by Laingsburg in die Groot Karoo en die R62-provinsiale roete naby Calitzdorp en Ladismith in die Klein Karoo.

Die pad gaan by die voormalige sendingstasie Amaliënstein noordwaarts deur ’n poort van 17 km wat deur die Seweweekspoortrivier (ook Huisrivier genoem) in die Klein Swartberge gevorm is. Op 1 018 m bereik die poort sy hoogste punt. Die maksimumhelling is 1:14.

Seweweekspoort
Ligging van Seweweekspoort op 'n kaart (Wes-Kaap)
Seweweekspoort
Seweweekspoort
Koördinate: 33°24′49″S 21°24′25″O / 33.41361°S 21.40694°O / -33.41361; 21.40694 21°24′25″O / 33.41361°S 21.40694°O / -33.41361; 21.40694
Ligging Tussen Laingsburg en Calitzdorp
Maksimumhelling 1:14
Hoogte 1 018 m
Lengte 17 km
Oppervlak gruis
Begin in 1850’s
Voltooi in 1862
Pad R323, verbind N1 met R62

Die pad kruis die loop van hierdie westelike tak van die Gamkarivier 30 maal. Daarom is die poort tydens en na reën dikwels onbegaanbaar. Toerisme vorm die grootste verkeer op die roete weens die besondere ongerepte natuurskoon.

Naam

Verskeie teorieë bestaan oor die oorsprong van die naam vir die poort. Die aanneemlikste is dat dit vernoem is na eerw. Louis Zerwick van die Berlynse Sendinggenootskap en waarskynlik werksaam was by Amaliënstein en Zoar. In die volksmond het Zerwickspoort deur die jare heen Seweweekspoort geword, want die bevolking het die seweweeksvaring geken.

Geskiedenis

In die 1850's is daar met behulp van gevangene-arbeid begin om die pad langs die rivierloop te bou. Na weinig vordering is die taak in 1860 aan A.G. de Smidt, swaer van Thomas Bain opgedra. Die pad is in November 1862 voltooi en is steeds in gebruik.

Trivia

Seweweekspoortpiek (2325 m), 24 km van Ladismith, is die hoogste piek in die Wes-Kaap.

Sien ook

Bibliografie

Tags:

Seweweekspoort NaamSeweweekspoort GeskiedenisSeweweekspoort TriviaSeweweekspoort Sien ookSeweweekspoort BibliografieSeweweekspoortAmaliënsteinCalitzdorpKarooKlein KarooLadismithLaingsburgN1 (Suid-Afrika)R323 (Suid-Afrika)R62 (Suid-Afrika)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EngelsWater (molekuul)Refentse MorakeEerste WêreldoorlogArmoedeverligtingPerdSwartrenosterBloedsomloopstelselInfeksieBrandmondsindroomLys van Afrikaanse skrywersLenteBybelGianna MichaelsBeeldspraakErica BoyerByvoeglike naamwoordElandréHoopLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLabia (geslagsdele)KangaroeVagina3D-rolprentDemokrasieSweedsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Mikro-ekonomieAkroniem22 NovemberD.J. OppermanSeksueel oordraagbare infeksieBladwisselendVormGoudWayde van NiekerkOorstromingBynierLieweheersbesieTweede VryheidsoorlogNierversakingPenisHartseerVersoeningsdagGeskiedenis van Suid-AfrikaSeksuele opwekkingGesonde dieetKlavierErfenisdag (Suid-Afrika)Sean CombsTekstielLoodNatriumsulfietIntensiewe vormWinnie Madikizela-MandelaConsolidated B-24 LiberatorSeekoeiPornografieVerkoueBronadresKoue OorlogLika BerningOlimpiese SpeleVigsInflasieApokriewe boekeWilna SnymanLettergreepBorsteLeeuGeslagsgelykheidLionel PetersonVenda (taal)Sirkel🡆 More