Die Roemene of Roemeniërs (Roemeens: români of – histories, maar nou 'n selde gebruikde regionalisme – rumâni) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Roemenië wat Roemeens, 'n Romaanse taal, as moedertaal praat.
Hulle vorm die titulêre nasie van Roemenië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 89% van dié land se bevolking uit.
Roemene | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 24 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Roemenië ~19,5 miljoen Italië 1,1 miljoen |
Taal: | Roemeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Roemeens-Ortodokse Kerk) Minderhede van Rooms-Katolieke Kerk, Protestantisme en ander |
Verwante etniese groepe: | Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Spanjaarde |
Roemene deel 'n gemeenskaplike afkoms, kultuur en geskiedenis, maar dié term verwys soms ook na die hele bevolking van Roemenië. Naas Roemene leef nog minderhede soos Hongarye (6,5%) en Roma (3,3%) in Roemenië. Soms word Moldawiërs ook as Roemene beskou – ook deur hulself – en in hierdie geval sal hulle met 80% die grootste etniese groep van Moldowa vorm.
Wêreldwyd leef omtrent 24 miljoen Roemene, waarvan sowat 19,5 miljoen in Roemenië. Na die einde van die Koue Oorlog het Roemene veral as trekarbeiders in Wes-Europese lande soos Duitsland, Frankryk, Italië, Spanje en die Verenigde Koninkryk asook in Israel, Kanada, Oekraïne en die Verenigde State gevestig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Roemene, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.