Moldawiërs

Die Moldawiërs of Moldowiërs (Moldawies/Roemeens: moldoveni ) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Moldowa en aangrensende lande, wat Moldawies of Roemeens, 'n Romaanse taal, as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Moldawies.

Hulle vorm die titulêre nasie van Moldowa en maak volgens die laaste sensus van 2014 omtrent 56,8% van dié land se bevolking uit.

Moldawiërs

Totale bevolking: ca. 3,4 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Moldowa Moldowa 2,7 miljoen

Vlag van Oekraïne Oekraïne 258 619
Vlag van Rusland Rusland 156 400
Vlag van Italië Italië 142 583
Vlag van Spanje Spanje 17 426
Vlag van Roemenië Roemenië 15 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 14 245
Vlag van Portugal Portugal 13 586
Vlag van Griekeland Griekeland 9 920
Vlag van Kanada Kanada 8 050
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 7 859
Vlag van Belarus Belarus 3 465
Vlag van Letland Letland 2 284
Vlag van Bulgarye Bulgarye 893
Vlag van Litaue Litaue 540
Vlag van Kirgisië Kirgisië 505
Vlag van Estland Estland 502
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 157

Taal: Moldawies/Roemeens
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Roemeens-Ortodokse Kerk of Russies-Ortodokse Kerk)
Verwante etniese groepe: Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese, Roemene en Spanjaarde
Moldawiërs
Verspreiding van Moldawiërs in Moldowa (selfaangemelde in blou/pers)

Wêreldwyd leef omtrent 3,4 miljoen Moldawiërs, waarvan sowat 2,7 miljoen in Moldowa. Daarbenewens vorm Moldawiërs belangrike minderhede in Oekraïne met 258 619 en in Rusland met 258 619. Naas Moldawiërs vorm Roemene die grootste etniese minderheid in Moldowa met 675 881 (23,2%), gevolg deur Oekraïners met 221 409 (7,6%), Russe met 159 065 (5,4%), Gagaoesiërs in Gagaoesië met 147 500 (3,9%) en Bulgare met 47 778 (1,7%).

Die term Moldawiërs verwys soms na die hele bevolking van Moldowa of – ongeag van hul etniese identiteit – na dié van die gebied van die voormalige Prinsdom van Moldawië wat tussen Roemenië (47,5%), Moldowa (30,5%) en Oekraïne (22%) opgedeel is.

Moldawiërs word soms as 'n subgroep van die Roemene en soms as 'n eie etniese groep langs ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Spanjaarde beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Roemeense dialek of as 'n selfstandige taal.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepMoedertaalMoldawiesMoldowaNasieRoemeensRomaanse tale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WeskusBreinkaartXenofobieN.P. van Wyk LouwHaelChristendomIndiëMandalaSharpeville-slagtingBloemfonteinHartHandbalJakkalsHernubare energieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAfkappingstekenMeettegniekSamestellende afleidingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGroot TrekWiskundeVulkaanFaf de KlerkDeelstate van die Verenigde State van AmerikaPseudowetenskapDermpoliepAnrich HerbstCheslin KolbeSlag van Cuito CuanavaleVerkleinwoordBokmakierieDiatomiese molekuulMassaBybelGalileo GalileiSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van bekende Suid-AfrikanersBrittany Ashton HolmesLemoenFanie ViljoenJan van TonderVaste stofToekoms van die AardeStaatstoelaeKrieketKappie (skryfteken)WinterSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaroela MediaStellenboschRuslandRomanEreksieElandréLetterlike en figuurlike taalgebruikHulpwerkwoordAnale seksKoorsblaarAfro-AmerikanersSowjetunieEkonomie van Suid-AfrikaDuitsLidwoordBelastingKaapse florarykKarlien van JaarsveldGroepsgebiedewetTennisDistillasieTekstielStereotipeChloorWes-KaapAsemhalingKatoenBloukraanvoëlVolhoubaarheid🡆 More