Republieke Van Rusland

Die Russiese Federasie is sedert 18 Maart 2014 opgedeel in 85 federale deelgebiede, waarvan 22 republieke is (ook outonome republieke genoem).

Die republieke verteenwoordig gebiede van nie-Russiese etnisiteit. Vanweë dekades (in sommige gevalle eeue) van migrasie binne Rusland, is so ’n etniese groep nie noodwendig meer die meerderheid in ’n spesifieke republiek nie.

Grondwetlike status

Republieke verskil van ander deelgebiede deurdat hulle hulle eie amptelike taal mag kies en hulle eie grondwet het. Ander deelgebiede soos krais en oblaste het nie dié reg nie. Die politieke hoof van die meeste republieke het die titel president. Die republieke het redelike outonomiteit, maar onder die voormalige Russiese president Wladimir Poetin het dit algaande afgeneem omdat hy verkies het dat die mag by die federale regering lê.

Daar is in die meeste republieke ’n begeerte om af te stig, maar dit is gewoonlik nie baie sterk nie. Bewegings wat afstigting voorstaan, geniet egter taamlike steun in Tartarstan, Basjkirië, Jakoetië en Tsjetsjnië sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie en dit het selfs in Tsjetsjnië gelei tot oorlog met Rusland. Afstigting word egter bemoeilik deur die mate waarin etniese groepe vermeng het. So woon die meeste Tartare vandag buite Tartarstan.

Lys van republieke van Rusland

Republieke Van Rusland 
  1. Adigea
  2. Altai
  3. Basjkortostan
  4. Boerjatië
  5. Dagestan
  6. Ingoesjetië
  7. Kabardino-Balkarië

8. Kalmikië
9. Karatsjai-Tsjerkessië
10. Karelië
11. Komi
12. Mari El
13. Mordowië
14. Sacha (Jakoetië)

15. Noord-Ossetië-Alanië
16. Tartarstan
17. Tiwa
18. Oedmoertië
19. Chakassië
20. Tsjetsjnië
21. Tsjoewasjië
22. Krim (internasionaal erken as deel van Oekraïne)

2014-ontwikkeling

Op 18 Maart 2014 het die Krim en Sewastopol ná ’n referendum by Rusland aangesluit en het die Krim Rusland se 22ste republiek geword. ’n Groot deel van die internasionale gemeenskap en die regering van Oekraïne erken nie die Krim as deel van Rusland nie, maar beskou dit steeds as deel van Oekraïne.

Verwysings

Tags:

Republieke Van Rusland Grondwetlike statusRepublieke Van Rusland Lys van republieke van RuslandRepublieke Van Rusland 2014-ontwikkelingRepublieke Van Rusland VerwysingsRepublieke Van RuslandFederale deelgebiede van RuslandRussiese Federasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpysverteringstelselMenseregteGodsdiensArmeniëSikloonOntwikkelende landTekstielMagneetVigsMonopolieHerfsSeisoenUpingtonLien se lankstaanskoeneDramaJo BlackLandbou-ingenieursweseNederduitsch Hervormde KerkCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWes-KaapCheslin KolbeHeks van HexrivierHondPornografiese subgenresHernubare energieAvbobAnilingusWolProteïenKnieAfrikaanse naguilMieliestronkCorioliskragGordelroosBeëdigde verklaringMartin Luther King jr.StikstofGroepsdrukGianna MichaelsBloeddrukCarles PuigdemontAntoniemSlawerny in Suid-AfrikaChemiese elementPirow BekkerPampoentjiesOmgewingskwessies in Suider-AfrikaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKilometerStollingsgesteenteVormOrale seksBrandmondsindroomWolkGoudChristogramVleilandNierversakingYsterMiddeloorontstekingLys van medisinale kruieHomofoonMaselsIsraelAfrikaanse woordelys en spelreëlsMangelontstekingKindersiektesLewerLys van politieke partye in Suid-AfrikaEreksieDokterLys van Afrika-landeHemelvaartKapitaal (ekonomie)MalariaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersXenofobie🡆 More