Tale Van Rusland

Van al die tale van Rusland is Russies die enigste amptelike taal regdeur die Russiese Federasie.

Altesaam 27 ander tale is saam met Russies amptelike tale in sekere streke.

Tale van Rusland
Federale amptelike taal Russies
Ander amptelike tale 27 saam met Russies in verskeie streke
Belangrikste buitelandse tale 15% van Russe het in 2008 buitelandse tale gepraat:
Engels (80% van alle mense wat buitelandse tale praat)
Duits (16%)
Frans (4%)
Turks (2%)
Vingertaal Russiese vingertaal
Mees algemene sleutelborduitleg Tale Van Rusland

Geskiedenis

Russies was die enigste amptelike taal van die Russiese Ryk, wat tot in 1917 bestaan het. Tydens die Sowjettyd het die beleidrigtings oor die verskillende entniese groepe se tale in die praktyk verskil. Die staat het alfabette en grammatika help ontwikkel vir verskeie tale wat nie oor ’n skryfvorm beskik het nie. Hoewel elk van die Sowjetrepublieke sy eie taal gehad het, was Russies die enigste amptelik taal van die hele Sowjetunie.

Russies het sy status verloor in baie van die nuwe republieke wat ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 ontstaan het. In Rusland het dit egter sy oorheersende status behou. Vandag ontvang 97% van skoliere in staatskole hul onderrig net of hoofsaaklik in Russies, hoewel net 80% etniese Russe is.

Amptelike tale

Hoewel Russies die enigste federale amptelike taal in Rusland is, is daar verskeie ander tale in die federale deelgebiede wat ook amptelike status het. Hieronder is ’n lys van tale wat net in dele van Rusland amptelike status het (die taalfamilie waartoe hulle behoort, word tussen hakies gegee):

  1. Abazyns (Noordwes-Kaukasies; in Karatsjai-Tsjerkessië)
  2. Adigies (Noordwes-Kaukasies; in die Republiek van Adigea)
  3. Altais (Turks; in die Republiek van Altai)
  4. Awaars (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Dagestan)
  5. Basjkiries (Turks; in die Republiek van Basjkortostan)
  6. Boerjaties (Mongools; in die Republiek van Boerjatië)
  7. Chakassies (Turks; in die Republiek van Chakasië)
  8. Chanti (Oeraals; in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg)
  9. Erzja (Oeraals; in die Republiek van Mordowië)
  10. Ingoesjeties (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Ingoesjetië)
  11. Jakoeties (Turks; in die Republiek van Sacha (Jakoetië))
  12. Kabardies (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië)
  13. Kalmikies (Mongools; in die Republiek van Kalmikië)
  14. Karatsjai-Balkaries (Turks; in die Republiek van Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië)
  15. Komi-Sirjeens (Oeraals; in die Republiek van Komi)
  16. Mansi (Oeraals; in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg)
  17. Mari (Oeraals; in die Republiek van Mari El)
  18. Moksja (Oeraals; in die Republiek van Mordowië)
  19. Nenets (Oeraals; in die Nenetsiese Outonome Okroeg)
  20. Nogai (Turks; in Karatsjai-Tsjerkessië)
  21. Oedmoerts (Oeraals; in die Republiek van Oedmoertië)
  22. Osseties (Indo-Europees; in die Republiek van Noord-Ossetië-Alanië)
  23. Tataars (Turks; in die Republiek van Tatarstan)
  24. Tiwaans (Turks; in die Republiek van Tiwa)
  25. Tsjetsjnies (Noordoos-Kaukasies; in die Republiek van Tsjetsjnië)
  26. Tsjoektsjies (Tsjoekotko-Kamtsjatkies; in die Tsjoekotka- Outonome Okroeg)
  27. Tsjoewasjies (Turks; in die Republiek van Tsjoewasjië)

Bedreigde tale

Daar is baie tale in Rusland wat uitgesterf het of aan die uitsterf is. Min inligting is oor die status van sommige van dié tale beskikbaar.

Tale aan die uitsterf

Dié inligting kom van Michael Krauss, 1995. Van dié tale het moontlik al uitgesterf. Sedert 1997 het Kerek en Joegh reeds uitgesterf.

  • Ainoe (15 sprekers)
  • Enets (70)
  • Karagas (25-30)
  • Mednii (10)
  • Orok (30-82)
  • Akkala Sami (uitgesterf sedert 2003)
  • Ter Sami (2)
  • Oedege (100)
  • Wod (25)
  • Noord-Joekaghir (30-150)
  • Suid-Joekaghir (1-50)

Ander bedreigde tale

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Tale Van Rusland GeskiedenisTale Van Rusland Amptelike taleTale Van Rusland Bedreigde taleTale Van Rusland VerwysingsTale Van Rusland Eksterne skakelsTale Van RuslandRussiesRussiese Federasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JeugdagGewoonteregCheslin KolbeMikro-ekonomiePseudowetenskapSonpaneelKontinentWater (molekuul)TuisbladPoësieDroogtePoesLeesMIV/vigs in Suid-AfrikaHannes van WykHeuningbyLenteStaalKlimaatsverandering in AfrikaMangelKokaïenOranjerivierOnderwys in Suid-AfrikaArmoedeverligtingDriehoekMieliestronkWiki CommonsVideoFamilie (verwantskap)SpreeuGrieksCleopatra VIIBayer 04 LeverkusenTrigeminale neuralgieMerinoJavaScriptVeselBeurtkragVigsSkisofrenieJan de WetSiya KolisiMetaalSonkragSkoenlapperDepressie (gemoedstoestand)AntisemitismeSeksuele penetrasieTarentaleOrale seksValentynsdagTelwoordOnomatopeeEerste WêreldoorlogNatriumperoksiedSpysverteringstelselLys van NG gemeentesJapanSmall HandsMonargieIslamZoeloeSkaapAfkappingstekenNazi-DuitslandBorskankerSeismologieAustraliëMaanMaanstilstandHentaiBloedsomloopstelselNag van die lang messeRooikatSnaarinstrumentSuid-Afrika🡆 More