Ratingen

Ratingen is 'n stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale met 'n bevolking van 86 615 (soos op 30 Junie 2015).

Ratingen
Ratingen

Kaart Wapen
Ratingen
Ratingen
Vlag
Ratingen
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Ratingen Noordryn-Wesfale
 Koördinate 51°18′N 6°51′O / 51.300°N 6.850°O / 51.300; 6.850
 Stigting (eerste verwysing) 849
 Stadstatus 11 Desember 1276
 Oppervlakte:  
 - Totaal 88,74 vk km
 Hoogte bo seevlak 55-180 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2015) 86 615
 - Bevolkingsdigtheid 976/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Klaus Konrad Pesch
 Amptelike Webwerf ratingen.de

Die geskiedenis van Ratingen, wat naby die Ryn geleë is en aan die deelstaathoofstad Düsseldorf grens, strek terug tot in die eerste helfte van die 9de eeu, en reeds in 1276 is stadstatus aan die nedersetting verleen. Die plaaslike ekonomie trek voordeel uit die nabyheid van Düsseldorf en sy internasionale lughawe (die tweede grootste in Duitsland na Frankfurt am Main) asook sy ligging langs die digste snelwegnetwerk in Europa en naby die Rynhawens van Düsseldorf en Duisburg. So het 'n groot verskeidenheid ondernemings uit die sekondêre en tersiêre sektor sy Duitse hoofkwartiere of ander belangrike nasionale filiale in Ratingen gevestig, waaronder ABB, Mitsubishi Electric, Hewlett-Packard, Esprit Holdings, Vodafone, LG, DKV en Keramag.

Geografie

Ratingen is in die noordwestelike voetheuwels van die bergstreek Bergisches Land op een van die Rynterrasse teen 'n hoogte van tussen 55 en 180 m bo seevlak geleë. Die historiese stadskern is omstreeks 70 m bo seevlak geleë.

Die stadsgebied van Ratingen met 'n oppervlakte van 88,74 km² grens in die suide en weste aan Düsseldorf, in die noorde aan Duisburg, Mülheim an der Ruhr en Essen en in die ooste aan Heiligenhaus, Wülfrath en Mettmann. Mettmann is die administratiewe setel van die gelyknamige distrik waarvan Ratingen deel uitmaak.

Die grootste riviere is die Anger, wat noord van die middestad vloei, en die Schwarzbach suid daarvan. 'n Aantal natuurbewaringsgebiede soos die natuurbos Hinkesforst is in die stadsgebied geleë.

Verwysings

Tags:

DuitslandNoordryn-Wesfale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Trappe van vergelykingBurgerregtePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVarkgriepSprokieKangogrotteVersoeningsdagAgtervoegselKoekie (rekenaarwetenskap)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHeuningGemeenskapRuan JoshNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyDemi Lee MooreNatriumKriekNederlandVraag en aanbodRosa ParksDwelmmiddelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KuberkrakerXhosaAfrikaanse taalleerSeksuele opwekkingBeeldspraakWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBreinkaartLiesbreukHemelvaartsdagPolisieLys van politieke partye in Suid-AfrikaEkonomieNuwe TestamentGesondheidAsemhalingOligopolieHoërskool Sentraal, BloemfonteinVrugGalileo GalileiAnusSokkerKlimaatveranderingKlem-in-die-kaakKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWisselkoersLys van Suid-Afrikaanse skrywersGestremdheidYouTubeWikipediaGroepsgebiedewetMuskietGrondSeekoeiOlifantAborsieEmfiseemLugbesoedelingDurbanAntjie SomersJan van Riebeeck20ste eeuHartWeer (meteorologie)HoenderPirow BekkerVerstedelikingHutsmerkSeksueel oordraagbare infeksieStedelike hitte-eilandElandréMotorvoertuigPoësieNag van die lang messeEjakulasie🡆 More