Suid-Afrika R37

Die R37 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Polokwane met Nelspruit verbind via Burgersfort en Lydenburg.

Provinsiale roete R37 shield

Provinsiale roete R37
Suid-Afrika R37
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL
Lengte304 km (189 mi)
Belangrike aansluitings
NoordwespuntSuid-Afrika R37 R101 in Polokwane
 Suid-Afrika R37 N1 in Polokwane
Suid-Afrika R37 R555 in Burgersfort
Suid-Afrika R37 R36 in Lydenburg
Suid-Afrika R37 N4 naby Nelspruit
SuidoospuntSuid-Afrika R37 R40 in Nelspruit
Ligging
StedePolokwane
Burgersfort
Lydenburg
Nelspruit
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
Suid-Afrika R37 R36R38 Suid-Afrika R37

Roete

Polokwane

Die R37 begin in sentrale Polokwane, by 'n kruising met die twee eenrigtingstrate (Grobler- en Thabo Mbekistrate), net wes van die kruising van die R101 met die R71-roete. Dit gaan suidwaarts as Kerkstraat en kruis die nuwe Polokwane Oostelike verbypad (N1 Nasionale Roete) en gaan verby die Polokwane-wildreservaat se wesgrens.

Die R37 gaan vir 30 km suidwaarts om die eindpunt van die R579-pad te bereik. Hier draai dit suidoos vir 7 kilometer tot by die oostelike eindpunt van die R518-pad noord van Lebowakgomo. By hierdie aansluiting draai die R37 oos en word die eerste gedeelte van die Orrie Baragwanathpas. Na 25 km ooswaarts bereik dit 'n kruising suid van Ga-Makgoba, waar die Orrie Baragwanathpas die pad na die noordooste word, terwyl die R37 rigting oos voortgaan. Net hierna steek die R37 die Olifantsrivier oor.

Burgersfort

Vanaf die Olifantsrivierkruising gaan die R37 vir 77 km suidoos om Burgersfort binne te gaan, net nadat dit die Steelpoortrivier gekruis het, en bereik 'n aansluiting met die R555-pad. Die R555 en die R37 vorm byna 2 kilometer suidoos dieselfde pad tot by die eerste kruising verby Burgersfort Mall. Die R37 gaan nou vir 58 km suidwaarts deur plaasboorde, verlaat die provinsie Limpopo en gaan Mpumalanga binne, oppad na die dorp Lydenburg (Mashishing).

Lydenburg na Sabie

In Lydenburg se noordelike voorstad ontmoet die R37 die R36-pad en vorm dit saam 'n pad suidwaarts tot in die middestad as De Clerqstraat, dan oos as 1ste straat, voordat die R36 sy eie pad suidwaarts na Dullstroom word by die kruising van Viljoenstraat. Die R37 gaan ooswaarts verder as Voortrekkerstraat voordat die Long Tompas bestyg word. Die pas gaan sig-sag vir 46 kilometer ooswaarts, tot dit die R532-pad net suid van die bosboudorp Sabie ontmoet.

Sabie na Nelspruit

By die R532-aansluiting suid van Sabie, draai die R37 suid weg vir 47 km suid-suidoos en ontmoet die oostelike eindpunt van die R539-pad by die stad Nelspruit (nou Mbombela). Dit bereik eers 'n kruising met die nuwe Mbombela Noordelike verbypad (N4 Nasionale Roete; Maputo-korridor) voordat die voorstad Riverside binnegaan en sy eindpunt bereik word by 'n kruising met die R40-roete (Madiba-rylaan), net langs die Krokodilrivier by die R40-kruising.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Suid-Afrika R37 RoeteSuid-Afrika R37 Sien ookSuid-Afrika R37 VerwysingsSuid-Afrika R37BurgersfortLydenburgNelspruitPolokwaneSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AarverkalkingKlinkerAfleiding (taalkunde)Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKaapse MaleiersOutismeHidroëlektrisiteitDataverwerkingAs jy singKoorsblaarLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)StollingsgesteenteSportEkonomieEierstokVarkWhatsAppSonEnsiklopedieChristogramKolitisKindermishandelingMag (sosiale wetenskappe)PoësieSpinnekopLGeskiedenis van AfrikaansXenofobie in Suid-AfrikaMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaMikroskoopMuskietKolorektale kankerAgtergrond (narratief)Menslike penisgrootteTelevisieAfvalbestuurWaterbesparing in Suid-AfrikaVerkoueKalahariRooibokSuid-Afrikaanse randRassismeHartSeksueel oordraagbare infeksieAtoomKasteel die Goeie HoopBlourokkeKangogrotteLys van bekende Suid-AfrikanersSiya KolisiHeupPerdLyfstraf in skoleFossielbrandstofKarooBeeldspraakKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKaapse VlakteWortelPlastiekSterDesmond TutuVroudgbsjRooikatBalletSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureAgtervoegselTsongaDroomWet op Bantoe-onderwysLettergreepOmgewingskwessies in Suider-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMiddeloorontstekingSonenergieSonja Herholdt🡆 More