Río Madre De Dios

Die Río Madre de Dios (Spaans: ; letterlik Moeder van God se rivier) is saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika.

Die rivier, met 'n lengte van 1 060 km, vloei deur Oos-Peru en Noord-Bolivië.

Río Madre de Dios
Die Río Madre de Dios net voordat dit die Amasonebekken bereik.
Die Río Madre de Dios net voordat dit die Amasonebekken bereik.
Die Río Madre de Dios net voordat dit die Amasonebekken bereik.
Río Madre De Dios

Die stroomgebied van die Río Madre de Dios.

Oorsprong oos van Cusco, Cordillera Vilcanota, (Peru)
Monding saamvloei met die Río Mamoré naby Guayaramerín (Bolivië en Brasilië)
Stroomgebied Bolivië en Peru
Lengte 1 060 km (659 myl)
Oorspronghoogte 631 m (2 070 voet)
Mondinghoogte 125 m
Gemiddelde afloop 6 372 m³/s
Stroomgebiedopp. 125 287 km²
Kaart van die Río Madre de Dios-bekken in Suid-Amerika.
Kaart van die Río Madre de Dios-bekken in Suid-Amerika.
Río Madre De Dios
Oewervegetasie aan die Río Madre de Dios in Peru
Río Madre De Dios
Die hawe van Puerto Maldonado, Peru, aan die Río Madre de Dios
Río Madre De Dios
Veerbote op die Río Madre de Dios in Puerto Maldonado, Peru
Río Madre De Dios
Kaart wat die Río Madre de Dios se verloop in Bolivië vertoon

Die Río Madre de Dios ontspring oos van Cusco in die Peruviaanse Andes. In die weste daarvan ontspring die Río Ucayali, saam met die Río Marañón een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die Río Madre de Dios vloei aansluitend in noordoostelike rigting deur die oostelike Peru en noordelike Bolivië. Naby Riberalta mond die Río Beni, die Río Madre de Dios se grootste sytak, in die rivier in. 'n Wyle later, op die grens tussen Bolivië en Brasilië, vloei die rivier met die uit suidelike rigting komende Río Mamoré saam en die hoofloop van die Rio Madeira ontstaan.

Sytakke

Die grootste sytakke (stroomaf):

  • Río Alto Madre de Dios (regs)
  • Río Manú (links)
  • Río Colorado (regs)
  • Rio de Los Amigos (links)
  • Río Inambari (regs)
  • Río de Las Piedras (links)
  • Río Tambopata (regs)
  • Río Heath (regs)
  • Río Manupare (regs)

Verwysings

Tags:

AmasonerivierBoliviëPeruRio MadeiraRivierRío MamoréSpaansSuid-AmerikaTheotokos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoortrekkersNatriumsulfietHartOopbroninhoudTsoenamiKookpuntOnse VaderKrimpvarkieHoopSwartkwasmuishondWitbloedselGroepsgebiedewetTweede WêreldoorlogNeurenberg-verhore633VarkKatjieOlimpiese SomerspeleKlavierVulvaKaapstadse waterkrisis 2015-2018StaatstoelaeHolocaustWiki CommonsSilwerLoodGeskiedenis van kindermishandelingTydProteaYsterKoorsGriekwa-AfrikaansVeelvoudige sinMenseregtedagEk is 'n Afrikaan (toespraak)IronieJaco JacobsUniegebouKultuurMagnesiumKontinentLidwoordBeurtkragTussenwerpselSharpeville-slagtingTikTokTrigeminale neuralgieKankerDubbelpuntLiewe HeksieRina HugoVierde Industriële RevolusieDigtheidToestand van materieBywoordRivierSelfmoordMahatma GandhiFinansiële staatBloeddrukDesmond TutuGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogBernice WestDonkieEksponentAnrich HerbstDemokrasieSeksuele penetrasieKrokodilSonnestelselWaarheid-en-versoeningskommissieKoolstofPreseminale vloeistofBTWVulkaanLonden🡆 More