Río Beni

Die Río Beni is die grootste sytak van die Río Madre de Dios, saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, wat weereens die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika is.

Die rivier, met 'n lengte van 1 100 km, vloei deur Sentraal- en Noord-Bolivië.

Río Beni
Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond).
Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond).
Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond).
Río Beni

Die stroomgebied van die Río Beni.

Oorsprong saamvloei van Río de la Paz en Río Cotacajes naby Oruro (Bolivië)
Monding naby Nova Mamoré in die Rio Madeira, Bolivië/Brasilië
Stroomgebied Bolivië
Lengte 1 100 km (684 myl)
Oorspronghoogte 640 m
Mondinghoogte 110 m
Gemiddelde afloop 11 850 m³/s
Stroomgebiedopp. 133 010 km²
Kaart van die Río Beni-bekken in Bolivië.
Kaart van die Río Beni-bekken in Bolivië.
Río Beni
Die Río Beni bereik die Amasonebekken
Río Beni
Die Río Beni naby Riberalta, Noord-Bolivië

Die Río Beni ontstaan deur die saamvloei van die Río de la Paz en Río Cotacajes naby Oruro in die suidweste van Bolivië. In die noordweste daarvan is dié land se regeringsetel La Paz en die Titicacameer geleë. Die Río Beni vloei in noordelike rigting deur die Andes se voetheuwels in die noorde van Bolivië, waar die Río Beni naby Nova Mamoré in die Rio Madeira uitmond.

Sytakke

Die grootste sytakke (stroomaf):

  • Río Coroico (links)
  • Río Tuichi (links)
  • Río Emero (links)
  • Río Madidi (links)
  • Arroyo Verde (regs)
  • Río Ivon (regs)
  • Río Madre de Dios (links)
  • Río Orthon (links)

Verwysings

Tags:

AmasonerivierBoliviëRio MadeiraRivierRío Madre de DiosRío MamoréSuid-Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsLys van veltoestandeNiersteenVoorvoegselMetamfetamienBurgerregteOos-KaapHannes van WykUitwerking van klimaatsveranderingNoordwesHoërskool OuteniquaRuslandKernkragVerkragtingHamburgerEjakulasieJansenvilleHomofoonNic de JagerSirkelSebraSwitserlandKalsiumTweede WêreldoorlogNetbalErektiele disfunksieEkonomieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNylrivierTafelbergGetalSaartjie BaartmanHolocaustEngelsSeksSelfieJan van HunksVoedingLugbesoedelingWielewaalKaliumHamerkopSuid-AfrikaBoelieryChemiese verbindingBTWEreksieHulpwerkwoordKolonialismeBeesvleisLys van Suid-Afrikaanse skrywersVreesPinksterGriekse mitologieABloedingKookpuntTussenwerpselLettergreepVaste stofInfeksieHipoteseTaylor SwiftRobert SobukweAborsie in Suid-AfrikaSkoolLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierKoekie (rekenaarwetenskap)Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidErfenisTaalFinansiële staatAustraliëDeelstate van die Verenigde State van Amerika🡆 More