Die louriersuikerbos (Protea laurifolia) is 'n klein boomprotea wat voorkom in die Wes-Kaap in bergfynbos en is endemies en beperk tot die westelike berghange vanaf Nieuwoudtville tot Franschhoek en Anysberg waar dit deel vorm van die fynbos-bioom.
Die plant is op die SANBI-rooilys as veilig gelys. Die struik groei regop en word 8 m hoog en blom van April tot November. Die boom het blougroen blare met 'n harde rand.
Louriersuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. laurifolia |
Binomiale naam | |
Protea laurifolia Thunb., 1806 | |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige of granietgrond op hoogtes van 400 - 1 200 m.
Die boom se FSA-nommer is 90.2.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Louriersuikerbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.