Proteales

Proteales is die botaniese naam van ’n orde van blomplante wat uit vier families bestaan en die proteas van Suid-Afrika insluit.

Die Proteales word deur die meeste taksonome erken.

Proteales
Proteales
Protea cynaroides.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Proteales

Juss. ex Bercht. & J.Presl
Families
Proteales
Die heilige lotus.

Families

In die klassifikasiestelsel van Dahlgren was Proteales in die superorde Proteiflorae (ook Proteanae genoem). Die APG-stelsel van 2003 erken ook dié orde en plaas dit in die klade Eudicots:

orde Proteales

    • familie Nelumbonaceae
    • familie Proteaceae [+ familie Platanaceae]

met "+ ..." = opsioneel aparte familie (wat van die voorafgaande familie kan afsplits).

Die APG-stelsel van 2009 het dieselfde benadering gevolg, maar het drie families in Proteales verkies: Nelumbonaceae, Platanaceae en Proteaceae. Die Angiosperm Phylogeny Website stel egter die toevoeging van Sabiaceae as ’n familie voor.

Die APG-stelsel van 2016 voeg die familie Sabiaceae by die orde.

Benewens die proteas van Suid-Afrika is bekende lede van Proteales die banksias en makadamias van Australië en die heilige lotus. Die oorsprong van die orde is antiek; daar is bewyse van diversifikasie in die Middel-Kryt-periode, meer as 100 miljoen jaar gelede. Dit is interessant dat die Proteaceae hoofsaaklik in die Suidelike Halfrond voorkom en die Platanaceae en Nelumbonaceae in die Noordelike Halfrond.

Klassifikasie

Die huidige klassifikasie is ’n aanpassing van die APG-stelsel van 1998, wat Platanaceae as ’n aparte familie aangedui het:

orde Proteales

    • familie Nelumbonaceae
    • familie Platanaceae
    • familie Proteaceae
    • familie Sabiaceae

Cronquist

Die Cronquist-stelsel van 1981 erken die orde Proteales en plaas dit in die subklas Rosidae in die klas Magnoliopsida:

orde Proteales

    • familie Elaeagnaceae
    • familie Proteaceae

Dahlgren, Thorne, Engler en Wettstein

Die stelsels van Dahlgren, Thorne, Engler en Wettstein erken so ’n orde, maar plaas dit in verskillende subklasse. Hulle gee die klassifikasie aan as:

orde Proteales

    • familie Proteaceae

Verwysings

Skakels

  • Proteales  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Proteales FamiliesProteales KlassifikasieProteales VerwysingsProteales SkakelsProteales

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenstruasieStaalHemelvaartOu Apostoliese KerkSuiwelprodukOmtrek, oppervlakte en volumeAborsie in Suid-AfrikaLeah van NiekerkAntisemitismeAfrikaanse taalleerYstervarkKlawers (speelkaarte)Lys van Afrikaanse rolprenteVoëlgriepSteenkoolSuid-Afrikaanse randBorskankerHorlosieSelfmoordFisioterapieKarlien van JaarsveldBeroerteAllan BoesakFosforOrkney Snork NieAkroniemMisdaadEvangelies Gereformeerde KerkKrieketDolfynNasionale VrouemonumentWalt DisneyElzette MaarschalkStereotipeNierErfenisJavaScriptSkaakRenosterAdolf HitlerSpinnekopNuwe TestamentSkildklierEekhoringWhatsAppIronieLyfstraf in skoleHidroëlektrisiteitLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesOrgasmeSonAngina pectorisLys van Suid-Afrikaanse skrywersLys van lande volgens bevolkingGeslagsgelykheidGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOnderwys in Suid-AfrikaAntoniemTelwoordSteve BikoTafelbergAfrikaanse Protestantse KerkOrale seksEreksieMis (weerkunde)Menslike penisgrootteManie JacksonKoue OorlogVersamelnaamKlimaatsverandering in AfrikaAlkoholismeVigsNatuurrampKorrupsieJan van TonderBesoedeling🡆 More