Prins Harry, Hertog Van Sussex

Prins Henry, Hertog van Sussex KCVO (Henry Charles Albert David, * 15 September 1984 – ), algemeen bekend as prins Harry, is die jongste seun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk, en sy eerste vrou, Diana, Prinses van Wallis.

Sy grootouers aan vaderskant was koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en prins Philip, Hertog van Edinburg. Hy is die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy broer, William, Prins van Wallis, en sy broerskinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis.

Prins Harry
Prins Henry van Wallis
Prins Harry in 2019.
Prins Harry in 2019.
Volle naam Henry Charles Albert David
Huis Huis van Windsor
Vader Charles III van die Verenigde Koninkryk
Moeder Diana, Prinses van Wallis
Gebore 15 September 1984 (1984-09-15) (39 jaar oud) ; Londen, Engeland
Eggenote Meghan Markle
Amptelike webtuiste Prins Henry van Wallis

Ná sy skoolopleiding aan verskeie skole in Brittanje en ’n brugjaar in onder meer Australië en Lesotho, het Harry besluit op ’n militêre loopbaan. Hy het offisiersopleiding ontvang aan die Militêre Akademie Sandhurst en ’n tweede luitenant geword in die Household Cavalry-regiment. Hy het hier sy opleiding as tenkbevelvoerder voltooi. In 2007–2008 het hy in die Afghaanse Oorlog 77 dae lank diens gedoen aan die front, maar is onttrek ná ’n artikel in ’n Australiese tydskrif. Hy het in 2012–2013 vir 20 weke na Afghanistan teruggekeer.

Op 27 November 2017 is aangekondig dat prins Harry verloof geraak het aan die voormalige Amerikaanse aktrise Meghan Markle en op 19 Mei 2018 is hulle in Windsor, Engeland, getroud. ’n Paar uur voor die troue het hy die titels Hertog van Sussex, Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.

Vroeë lewe

Harry is op 15 September 1984 in die St. Mary-hospitaal in Londen, Engeland, gebore. Sy ma, Diana, wou hê hy en sy broer moes ’n groter ondervindingsraamwerk hê as vorige koninklike kinders en het hulle saamgeneem na plekke wat gewissel het van Disney World en McDonald's tot vigsklinieke en oornaggeriewe vir haweloses. Hy het ook reeds op ’n jong ouderdom sy ouers op amptelike besoeke vergesel; sy eerste oorsese koninklike toer was na Italië in 1985.

Harry se ouers is in 1996 geskei en sy ma het die volgende jaar in ’n motorongeluk in Parys gesterf. Nes sy pa en broer het hy sy skoolopleiding aan privaatskole ondergaan, onder meer Eton-kollege. Hy het sy studies in 2003 aan hierdie skool voltooi.

Hy het daarna ’n brugjaar geneem, waartydens hy in Australië gewerk het. Hy het ook Lesotho besoek, waar hy met weeskinders gewerk het en die dokumentêre rolprent The Forgotten Kingdom vervaardig het.

Militêre loopbaan

Prins Harry, Hertog Van Sussex 
Kadetoffisier Wales (op aandag langs die perd) op parade by Sandhurst, 21 Junie 2005.

Prins Harry het op 8 Mei 2005 sy opleiding begin aan die Militêre Akademie Sandhurst, waar hy as kadetoffisier Wales bekend was. In April 2006 het hy sy offisiersopleiding voltooi en het hy ’n tweede luitenant geword in die Blues and Royals, ’n regiment van die Household Cavalry in die Britse leër. Op 13 April 2008 is hy tot luitenant bevorder.

In ’n verklaring op 22 Februarie 2007 is aangekondig dat prins Harry saam met sy regiment aan die front in Irak sou diens doen. Die destydse hoof van die leër, generaal sir Richard Dannatt, het op 30 April 2007 aangekondig dat hy persoonlik besluit het dat die prins saam met sy eenheid na Irak kon gaan, maar teen 16 Mei het hy bekend gemaak dat Harry nie Irak toe sou gaan nie omdat hy ’n gewilde teiken sou wees (verskeie dreigemente is deur verskeie groepe gemaak wat sy lewe bedreig het) en dat dit sy mede-soldate in gevaar sou stel.

In 2008 het die departement van buitelandse sake gerugte bevestig dat Harry in Afghanistan diens doen. Hy was die eerste lid van die Britse koningshuis wat in ’n oorlogsgebied diens gedoen het sedert sy oom, prins Andrew, Hertog van York, helikopters gevlieg het in die Falklandoorlog van 1982. Hy het vir sy diens die Medalje vir Operasionale Diens in Afghanistan in Mei 2008 ontvang van sy tante, prinses Anne.

Prins Harry, Hertog Van Sussex 
Prins Harry in uniform, 9 Mei 2013

Nadat hy aan die nodige vereistes voldoen het, het Harry opleiding as helikoptervlieënier ondergaan. Hy het sy vlerke op 7 Mei 2010 van sy pa ontvang. Hy het bekend gemaak dat hy as vlieënier van Apache-helikopters opleiding sou ontvang, waarna hy weer sou kwalifiseer om in oorlogsones te veg. Hy het sy Apache-vliegtoets in 2011 geslaag. Op 16 April 2011 is aangekondig dat hy tot die rang van kaptein bevorder is.

In Junie 2011 is aangekondig dat Harry as Apache-helikoptervlieënier weer in Afghanistan ontplooi kon word. Die uiteindelike besluit sou egter by die weermag se senior bevelvoerders berus, ná samesprekings met prins Harry en die destydse prins Charles en koningin. In Oktober is prins Harry na ’n Amerikaanse militêre basis in Kalifornië oorgeplaas vir ’n deel van sy opleiding. In November 2011 het hy na Engeland teruggekeer om sy opleiding te voltooi.

On 7 September 2012 het kaptein Wales in Afghanistan aangekom vir ’n tydperk van vier maande. Op 10 September, dae ná sy aankoms, is aangekondig dat die Taliban gedreig het om hom uit te skakel. Op 21 Januarie 2013 is aangekondig dat prins Harry teruggekeer het ná vier maande in Afghanistan as medevlieënier van ’n Apache-helikopter.

Op 8 Julie 2013 het die departement van verdediging aangekondig dat Harry as ’n Apache-bevelvoerder gekwalifiseer het.

Persoonlike lewe

Prins Harry, Hertog Van Sussex 
Harry en Meghan in 2017.

Prins Harry neem graag aan sport deel, onder meer polo, ski en motocross. Hy het in sy jeug die reputasie van ’n rebel gekry nadat hy onder meer dagga gerook, as ’n minderjarige gedrink en buite nagklubs met paparazzi slaags geraak het. Hy het ook ’n kostuumpartytjie bygewoon in ’n Nazi-uniform met ’n swastika-armband. Hy het later in ’n verklaring om verskoning gevra.

In Januarie 2009 het die Britse poniekoerant News of the World ’n video bekend gemaak waarin Harry na ’n medesoldaat as "ons klein Paki-vriend" verwys. David Cameron het dit as onaanvaarbaar beskryf en Harry is deur die The Daily Telegraph as ’n rassis bestempel. Clarence House het dadelik ’n verklaring uitgereik waarin Harry om verskoning vra en sê hy het niks slegs daarmee bedoel nie.

Terwyl hy in Augustus 2012 met vakansie in Las Vegas was, is ’n nakende Harry en ’n onbekende vrou in ’n hotelkamer afgeneem, volgens berigte ná ’n spel van "ontklee-biljart". Die foto's het op die internet verskyn en verskeie koerante het daaroor berig.

Harry het ’n ruk lank uitgegaan met Chelsy Davy, die dogter van ’n Suid-Afrikaanse sakeman, maar vroeg in 2009 is berig dat die paartjie uiteen is nadat hulle mekaar vyf jaar geken het.

Hy is op 19 Mei 2018 met die voormalige aktrise Meghan Markle van Amerika getroud.

Titels

Prins Harry, Hertog Van Sussex 
Prins Harry se monogram.
  • 15 September 1984 – 19 Mei 2018: Sy Koninklike Hoogheid prins Henry van Wallis
  • 19 Mei 2018 – tans: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Sussex.

Benewens die titel hertog het hy ook op sy troudag die titels Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.

Voor sy troue het Harry vir militêre doeleindes Wales (Wallis) as sy van gebruik en was hy bekend as kaptein Harry Wales.

Op 4 Junie 2015 is hy deur die koningin tot ridder geslaan vir "dienste aan die monarg" en aangestel as ridderkommandeur van die Koninklike Victoriaanse Orde (KCVO).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Prins Harry, Hertog Van Sussex Vroeë lewePrins Harry, Hertog Van Sussex Militêre loopbaanPrins Harry, Hertog Van Sussex Persoonlike lewePrins Harry, Hertog Van Sussex TitelsPrins Harry, Hertog Van Sussex VerwysingsPrins Harry, Hertog Van Sussex Eksterne skakelsPrins Harry, Hertog Van Sussex15 September1984Charles III van die Verenigde KoninkrykDiana, Prinses van WallisElizabeth II van die Verenigde KoninkrykPrins George van WallisPrins Louis van WallisPrins Philip, Hertog van EdinburgPrinses Charlotte van WallisRoyal Victorian OrderWilliam, Prins van Wallis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VleilandTsongaPablo PicassoAfrikaanse taalleerAdolf HitlerDonderstormTamatieHokkieBernice WestDolfynMangelontstekingSout (chemiese stof)IsraelWerkwoordSwangerskapKortverhaalKersfeesSeilvaartWolfRefleksieReg tot ‘n gesonde omgewingOorstromingPersentasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereOranjerivierEuropaOm-te-infinitiefkonstruksieWerwelkolomSamestellingJaarHartversakingAustraliëKlankGeldeenheidOnderhandelinge om apartheid te beëindigFraktuurBraaiSoogdierHerfsVloeistofMuishondLys van Suid-Afrikaanse musikanteNatuurbewaringMenstruasieSwart menseFranse RewolusieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalTarentaleIngrid JonkerPesachWinterPersDie ontstaan van die dramaVaginale kankerRooipandaWeervoorspellingMaselsKlopjagMaagsweerEjakulasiePubliekEienaamEugenetikaLys van Afrikaanse rolprenteLoodElandréHernubare energieBloedvergiftigingMeeueNamakwalandVraag en aanbodOntwerpPolisieSint JorisdagGoogleEngels🡆 More