Taliban: Islamitiese organisasie in Afghanistan (gestig 1994)

Taliban (Pasjtoe: طالبان) is die meervoud van talib, wat student (van teologie) beteken.

Dit is die aanduiding van 'n islamitiese guerrillabeweging in Afganistan en Pakistan. In beide lande beheer die Taliban groot bevolkingsgebiede. In Afganistan het die Taliban vir 'n tyd lank die mag in Kaboel en oor die grootste deel van die land besit, waartydens 'n emiraat uitgeroep is.

Taliban
Vlag van die Taliban
Vlag van die Taliban
Vlag van die Taliban
Land Afghanistan en Pakistan
Hoofkwartier Kandahar (1996-2001)
Aantal lede 45 000 (2001 skatting)
11 000 (2008 skatting)
36 000 (2010 skatting)
60 000 (2014 skatting)
150 000 (2021 skatting)

Die Taliban is in 1994 in die suide van Afganistan gevorm en is deur Pakistan en Saoedi-Arabië ondersteun. Ten tye van hul bewind is ekstreme Islamitiese wette, selfs meer ekstremisties as in die res van die Moslem-wêreld, instel. Baie van die kritiek teen hulle het vanaf Moslem-geledere gekom. Diewe se hande is byvoorbeeld afgekap sodat hulle nie weer kon steel nie. Ander misdadigers is vinnig en sonder 'n billike verhoor tereggestel. Mense wat geweier het om die wet te volg, is as nie-Moslems en vyande beskou. Mans moes vyf keer per dag 'n moskee besoek om te bid (nie-Moslems in Afganistan was nie hiertoe verplig nie). Die Taliban het ook mettertyd dwarsoor die wêreld vir hul uiters slegte behandeling van vroue berug geword.

Taliban: Islamitiese organisasie in Afghanistan (gestig 1994)
Die Taliban in Herat, Julie 2001

Na die aanvalle op 11 September 2001 het die Verenigde State van Amerika die Taliban-regering verwyder omdat hulle geweier het om Osama bin Laden en 'n aantal belangrike al-Kaïda-lede in hegtenis te neem. Die Amerikaanse regering het beweer dat die mense vir die aanvalle verantwoordelik was, maar die Taliban het die VSA om bewyse gevra voordat hulle uitgelewer sou kon word. In die daaropvolgende Amerikaanse inval van Afghanistan in 2001 was die Taliban-regering omvergewerp. Die Taliban het egter die stryd teen die regering van Afganistan voortgesit vir twintig jaar.

Op 14 April 2021 het die sekretaris-generaal van die NAVO, Jens Stoltenberg, gesê die alliansie het ingestem om sy troepe in Afghanistan teen 1 Mei te begin onttrek. Kort nadat die onttrekking van die NAVO-troepe begin het, het die Taliban 'n offensief teen die Afghaanse regering begin en vinnig gevorder weens die ineenstorting van die Afghaanse regeringsmagte.

Op 15 Augustus 2021, toe die Taliban weer 'n oorgrote meerderheid van die Afghaanse gebied beheer het, het die Taliban begin om die hoofstad Kaboel in te neem, met groot ontruimings van burgerlikes, regeringsamptenare en buitelandse diplomate wat deur die Amerikaanse beheerde Kabul Internasionale Lughawe uitgevoer is. Na bewering is die Taliban-vegters beveel om nie by burgerlike ontruimings in te meng nie, en om diegene wat die stad wou verlaat, toe te laat om dit te doen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AfganistanIslamKaboelPakistanPasjtoeStudent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraAfrikaanse WikipediaChristeneAlvin BruindersWortelkanaalDulcie van den BerghAgter Elke ManBeesKlimaatBorsbeenRegardt van den BerghPornografiese akteurRussiesSleurkragAbstraksie (rekenaarwetenskap)SelfmoordMamelukSonMangelontstekingCarike KeuzenkampVerkoueAarde se atmosfeerJerusalemOrkaan GustavSkildklierSwitserlandDerrickVingerseksSuid-Afrikaanse PolisiediensPG du PlessisDigvormHeilige SaterdagOrtopedieLys van slangeParysBrasiliaanse nasionale rugbyspanMangelMisdaadNatuurbewaringOlifantVerenigde State van AmerikaVarkSterA.J. ApplegateFacebookHennie MaasMiljardBiljoenMeksikoXhosaOorlog in Soedan (sedert 2023)HeupGriekelandTierboskatNiersteenAswoensdagOnse VaderJesus van NasaretAtriale fibrillasieKanadese nasionale krieketspanBaltimoreHomofoonFritz WepperBosluisAfrikaLys van Griekse mitologiese figureAfkappingstekenMadison Ivy🡆 More