David Cameron

David William Donald Cameron (* 9 Oktober 1966 in Londen), 'n Britse politikus, was van 11 Mei 2010 tot 13 Julie 2016 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.

Hy was die leier van die Konserwatiewe Party van 6 Desember 2005 tot 13 Julie 2016 en sedert 2001 'n lid van die Laerhuis van die Britse Parlement waar hy die kiesafdeling Witney in Oxfordshire verteenwoordig het. Op 13 November 2023 keer hy terug na die politiek toe hy as minister van buitelandse sake aangestel is. Terselfdertyd kry hy 'n setel in die House of Lords.

David Cameron
David Cameron

Foreign Secretary
Minister van Buitelandse Sake
Ampsbekleër
Termynaanvang
13 November 2023
Monarg Charles III
Eerste minister Rishi Sunak
Voorafgegaan deur James Cleverly

Ampstermyn
11 Mei 2010 – 13 Julie 2016
Vise Nick Clegg
Monarg Elizabeth II
Voorafgegaan deur Gordon Brown
Opgevolg deur Theresa May

Minister vir die Staatsdiens
Ampstermyn
11 Mei 2010 – 13 Julie 2016
Monarg Elizabeth II
Eerste minister Homself
Voorafgegaan deur Tom Watson (as Minister vir digitale betrokkenheid en Staatsdiens-sake)

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
6 Desember 2005 – 11 Mei 2010
Monarg Elizabeth II
Eerste minister Tony Blair
Gordon Brown
Voorafgegaan deur Michael Howard
Opgevolg deur Harriet Harman

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampstermyn
6 Desember 2005 – 13 Julie 2016
Voorafgegaan deur Michael Howard
Opgevolg deur Theresa May

Skadu-Staatsekretaris vir Onderwys en Vaardighede
Ampstermyn
6 Mei 2005 – 6 Desember 2005
Leier Michael Howard
Voorafgegaan deur Tim Yeo
Opgevolg deur David Willetts

Lid van die Parlement vir Witney
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Junie 2001
Voorafgegaan deur Shaun Woodward

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Oktober 1966 (1966-10-09) (57 jaar oud)
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Konserwatiewe Party
Eggenoot/-note Samantha Sheffield
Kind(ers) Ivan († 2009)
Nancy
Arthur
Florence
Alma mater Eton College
Brasenose College, Oxford
Religie Kerk van Engeland
Handtekening David Cameron

David Cameron het filosofie, politiek en ekonomie by die Universiteit van Oxford se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het. Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die Konserwatiewe Party.

David Cameron
David Cameron se eggenote Samantha saam met die Verenigde State se Eerste Dame Michelle Obama in die Britse premier se privaat woning in Downingstraat 10, Londen, op 24 Mei 2011

In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy openbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.

In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n hung parliament (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die Liberaal-Demokrate 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.

In 'n waterskeidingsreferendum op 23 Junie 2016 het Britse kiesers hulle met 'n algehele meerderheid van 51,9 persent van die uitgebragte stemme teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie uitgespreek. Ná die bekendmaking van die referendum se finale uitslag op 24 Junie het Cameron aangekondig dat hy in Oktober 2016 as eerste minister sal bedank. Volgens hom is sy besluit daarop gegrond dat hy voel iemand anders die land verder moet lei op 'n nuwe weg, buite die Europese Unie. Sy swanesang in die Britse Laerhuis was egter reeds op 13 Julie, waarna hy sy bedanking by die koningin ingedien het. Hy is as premier en leier van die Konserwatiewe Party opgevolg deur Theresa May.

David Cameron se outobiografie For the Record sal op 19 September 2019 in die Verenigde Koninkryk en vyf dae later in die Verenigde State gepubliseer word. Dit verskyn vooraf in die dagblad The Times as vervolgreeks.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Gordon Brown
(Arbeidersparty)
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

2010 - 2016
Opgevolg deur
Theresa May

Tags:

196620019 OktoberBritse HoërhuisEerste Minister van die Verenigde KoninkrykKonserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)LondenOxfordshire

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ram (sterreteken)KwaZulu-NatalMangelontstekingKameelperdSelfmoordEuropaKolonoskopieOntbinding van die SowjetunieErektiele disfunksieVlag van AfghanistanSkoenlapperKoninkryk van die NederlandeWashington, D.C.LikkewaanNatuurlike satelliete van kleinplaneteEmily HobhouseKommunikasieAngkor WatJerusalemSpelerposisies in rugbySuid-AfrikaVleesbaaiHernubare energieLongKoos BekkerSkoonma-se-tongSowjetunieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Rugbywêreldbeker 2023GeurmiddelGNU-lisensie vir vrye dokumentasieOogproblemeSigaretHartKolorektale kankerVarkSally EsterhuizenGeslagDigvormVaginale kankerMadison IvyLiturgiese jaarDachshundThabo MbekiN.P. van Wyk LouwPublieke domeinPenisverlengingPlae van EgipteWaldimar PelserSendelingposisieOnderwys in Suid-AfrikaRina HugoAngina pectorisDie BylTuberkulosePersJohan StemmetBeesDie Stem van Suid-AfrikaStuitjieGeslagsorgaanWiki CommonsRuslandGriepOlifantCarike KeuzenkampAleksei NawalniFamilie (verwantskap)Erica RhodesLys van Joodse feeste en herdenkings🡆 More