Meghan, Hertogin Van Sussex: Lid van die Britse koninklike familie en voormalige aktrise

Meghan, Hertogin van Sussex (gebore Rachel Meghan Markle; 4 Augustus 1981) is 'n voormalige Amerikaanse aktrise en tans lid van die Britse koninklike familie.

Meghan
Hertogin van Sussex
Meghan, Hertogin Van Sussex: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe
Geboortenaam Rachel Meghan Markle
Eggenoot Prins Harry, Hertog van Sussex
Titels Meghan, Hertogin van Sussex
HKH die Hertogin van Sussex
Huis Windsor
Gebore 4 Augustus 1981 (1981-08-04) (42 jaar oud) ,
Los Angeles, Kalifornië, VSA
Vader Thomas Markle
Moeder Doria Ragland
Kinder(s) Archie Mountbatten-Windsor
Lilibet Mountbatten-Windsor
Beroep Voormalige aktrise

Markle is in Los Angeles, Kalifornië, gebore. Nadat sy in 2003 'n graad in teater en internasionale studie aan die Northwestern-universiteit behaal het, het sy klein rolle in verskillende Amerikaanse televisiereekse vertolk. Van 2011 to 2017 was sy die karakter Rachel Zane in die regsdramareeks Suits. Sy het ook byspelerrolle vertolk in onder meer die rolprente Remember Me (2010) en Horrible Bosses (2011).

In 2017 is sy verloof aan prins Harry, Hertog van Sussex, en het aangekondig dat sy uittree uit die vermaakbedryf. Met haar huwelik met prins Harry op 19 Mei 2018 het sy die titel Haar Koninklike Hoogheid die Hertogin van Sussex aangeneem.

Vroeë lewe

Rachel Meghan Markle is op 4 Augustus 1981 in Los Angeles, Kalifornië, gebore. Haar ma, Doria Ragland, is 'n maatskaplike werker en jogainstruktrise en haar pa, Thomas Markle sr., ’n afgetrede beligtingsregisseur wat al 'n Emmy-toekenning gewen het. Vanweë sy loopbaan het Meghan dikwels die stel van Married...with Children besoek. Sy het ’n ouer halfbroer en -suster, Thomas Markle jr. en Samantha Grant.

Haar ma is 'n swart Amerikaner wat van slawe in Georgia afstam en haar pa van Nederlandse, Engelse en Ierse afkoms. Onder haar pa se voorvaders tel konings Robert I van Skotland en Eduard III van Engeland.

Markle het in Hollywood grootgeword. Ná skool het sy aan die Northwestern-universiteit studeer, waar sy in 2003 ’n B.A.-graad behaal het met teater en internasionale studie as hoofvakke.

Loopbaan

Meghan, Hertogin Van Sussex: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Markle (tweede van regs) en die res van die Suits-akteurs in 2013.

Markle het tussen werke in die vermaakbedryf deur as ’n vryskutkalligraaf gewerk. Haar eerste rol op die skerm was dié van ’n verpleegster in ’n episode van General Hospital. Daarna was sy in verskeie ander klein rolle te sien voordat sy in Julie 2011 die rol van Rachel Zane in Suits losgeslaan het. Sy was tot in 2017 in dié sepie te sien. Sy het in 2010 in twee rolprente, Get Him to the Greek en Remember Me, gespeel en in 2011 in Horrible Bosses.

Persoonlike lewe

Meghan, Hertogin Van Sussex: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Markle en prins Harry woon in 2017 ’n Kersdiens by.

Markle was van 2004 af in ’n verhouding met die akteur en vervaardiger Trevor Engelson. Hulle is op 10 September 2011 getroud en in Augustus 2013 geskei.

Sy is sedert Junie 2016 in ’n verhouding met prins Harry, die sesde aanspraakmaker op die Britse troon. In September 2017 het hulle hul eerste koninklike verskyning saam gemaak op die Invictusspele in Toronto.

Markle se verlowing aan prins Harry is op 27 November 2017 aangekondig. Die aankondiging het gelei tot baie bespiegelings oor die moontlike sosiale betekenis daarvan as iemand wat trots oor haar gemengde afkoms is, lid van die koninklike familie word. Die verloofring wat prins Harry aan Markle se vinger gesteek het, bestaan uit ’n groot diamant uit Botswana in die middel en twee kleiner diamante uit die juweelversameling van sy oorlede ma, Diana, Prinses van Wallis. Markle het daarna aangekondig sy tree uit die vermaakbedryf.

Ter voorbereiding van die troue is Markle op 6 Maart 2018 in die Kerk van Engeland gedoop en aangeneem. Die troue het op 19 Mei 2018 in die St. George-kapel by Windsor-kasteel plaasgevind. Die egpaar het ná die troue in Nottingham Cottage op die terrein van Kensington-paleis in Londen gewoon, maar in 2021 na die Verenigde State verhuis.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Meghan, Hertogin Van Sussex Vroeë leweMeghan, Hertogin Van Sussex LoopbaanMeghan, Hertogin Van Sussex Persoonlike leweMeghan, Hertogin Van Sussex VerwysingsMeghan, Hertogin Van Sussex Eksterne skakelsMeghan, Hertogin Van Sussex19814 AugustusAmerikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BoomslangSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Chemiese verbindingKultuurAborsie in Suid-AfrikaDrakensbergeBestuiwingRooibokVaginaAborsieWes-KaapWoordeboekAsemhalingDieregeluideTydsoneVaginale kankerWithaaiGeografie van Suid-AfrikaInvloed van vigs op die ekonomieAlliterasieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaNeurenberg-verhoreKleurSpringbokkeSuid-Afrika-WetGenitale vratInkomsteKunsmatige intelligensieLys van Afrikaanse televisiereekseFrederik Willem de KlerkMisdaadromanByLongDokterBeaufortskaalKunsmatige algemene intelligensieFisiese oefeningAfrikanerweerstandsbewegingAssonansieBaälAtmosfeerMetafoorEskomFilosofieSuid-AfrikaAfro-AmerikanersNamakwalandTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)EmfiseemVingerseksLieweheersbesieTafelbergRudi ClaaseEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaNoag se arkApartheidHerpes simplexSuid-Afrikaanse GrensoorlogSmaakSeksismeWillie JoubertSosiale mediaKlem-in-die-kaakAardverwarmingAnale seksVerstedelikingWolfIndustriële RevolusieYstertydperkAppel (sanger)TuisbladMiddeloorontstekingMalariaArmoedeverligtingAngssteuring🡆 More